Oud-Lions-speler se kop staan rofstoei toe

ʼn Gewese speler van die Lions en die Goue Leeus oorweeg dit sterk om sy sportloopbaan as rofstoeier voort te sit.

Luidens berigte uit Amerika het Todd Clever onlangs World Wrestling Entertainment (WWE) se hoëprestasiesentrum in Orlando, Florida, vir ʼn proeflopie besoek, en onderhandel hy met dié liggaam oor ʼn moontlike kontrak.

Clever (35) het in 2009 tot 2010 in 21 wedstryde vir die Lions en 11 vir die Goue Leeus gespeel.

Hy het onlangs sy uittrede uit rugby aangekondig nadat hy Amerika van 2003 tot 2017 in ʼn rekordtal van 76 toetse verteenwoordig het, 52 daarvan as kaptein.

Clever het ondanks sy uittrede ʼn week gelede weer vir Austin Elite, waarvan hy deels ʼn eienaar is, in die nuwe Amerikaanse geldliga uitgedraf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.