Oud-Pretorianer kry 12 in Amerikaanse geldliga

JP Eloff – dosyn punte. (Foto: NOLA Gold)

ʼn Gewese Pretorianer het 12 punte vir sy span in die jongste weekronde van die Amerikaanse Senior Rugbyliga (MLR) aangeteken.

JP Eloff, wat toetsrugby vir Amerika speel, het ʼn drie, twee doelskoppe en ʼn strafdoel vir New Orleans Gold teen San Diego Legion in die beroepsliga behaal.

Hy is in Pretoria gebore en het aan die Hoër Tegniese Skool John Vorster gematrikuleer.

Eloff het tot dusver met 39 punte die sesde meeste in die reeks behaal.

Seattle Seawolves het Austin Elite met 20-19 geklop.

Zinzan Elan-Puttick, ʼn oudleerling van Grey Kollege in Bloemfontein, het nóg ʼn “sekere” drie vir die wenspan voorkom, toe hy ʼn teenstander wat reeds oor die doellyn was, geduik het sodat hy die bal verloor.

In die naweek se ander wedstryd het Glendale Raptors sy onoorwonne rekord behou deur met 37-24 teen die Houston Sabercats te wen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.