Oud-Pretorianer se Finne verniel Estland

Finland, met ʼn gewese Pretorianer as hulpafrigter, het Estland verniel in die laaste toets vanjaar in die Europese reekse.

Jaun Mioch, ʼn oudleerling van die Hoërskool Waterkloof, is reeds sedert 2015 by die Finne se afrigting betrokke.

Sy span het die Estlanders in Tartu, Estland, met 77-10 oordonder (rustyd 34-10) in Afdeling 2 Noord van die Rugby Europa-kampioenskap.

Dit beteken die Finne eindig derde en die Estlanders laaste in dié afdeling.

ʼn Onoorwonne Luxemburg het dit reeds vroeër gewen.

Die Finse binnesenter, Jussi Viljanen, het 27 punte op die telbord geplaas. Hy het twee keer gaan druk, sewe drieë verdoel, en met ʼn strafdoel geslaag.

Die linkervleuel Mathias Hyytiäinen het drie van die wenspan se 12 drieë gedruk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.