Oud-Springbok die Bokke se nuwe verdedigingsafrigter

Brendan Venter – aangestel (Twitter @sarugbychick).jpg

Na maande se bespiegelinge is die aanstelling van die Sprinbokke se nuwe verdedigingsafrigter bevestig.

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het Sondag aangekondig dat die gekwalifiseerde mediese dokter Brendan Venter as lid van Allister Coetzee, hoofafrigter van die Bokke, se afrigtingspan aangestel is.

Venter het die Springbokke in sy speeldae in 17 toetse verteenwoordig en was die afgelope jare by verskeie spanne se afrigting betrokke.

Venter en Coetzee is geen vreemdelinge vir mekaar nie, aangesien albei in 2008 deel van die Stormers se afrigtingspan was.

Coetzee sê hy is verheug dat Venter deel van die afrigtingspan is. “Ek wou hom verlede jaar reeds by die Springbokke betrek het, maar weens sy betrokkenheid elders was hy nie beskikbaar nie.”

♦  Venter was in die onlangse Sesnasiesreeks Italië se verdedigingsafrigter. Hy het in sy afrigtingsloopbaan spanne soos ondermeer Londen Irish, die Sharks, en ook die Junior Springbokke as hulpafrigter, met redelike sukses gebrei of in gevalle bloot as konsultant bygestaan.

Chean Roux, wat onlangs as die Junior Springbokke se afrigter aangestel is, was verlede jaar in ’n stadium die Bokke se verdedigingsafrigter, terwyl JP Ferreira, van die Lions, die Springbokke verlede jaar op hulle Europese toer in hierdie hoedanigheid vergesel het.

Venter was na verneem word reeds Sondag betrokke by die tweede Bokoefenkamp wat tot Dinsdag in Stellenbosch gehou word.

Sy aanstelling, saam met Franco Smith wat onlangs as agterlynbreier in die plek van Mzwandile Stick aangewys is, is deel van pogings om van die Springbokke weer ’n wêreldkrag te maak ná die treurmare van 2016, toe hulle slegs vier uit 12 toetse gewen het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Yeah ·

Yeah, hier kom ‘n goeie ding, die eerste nuwe hoop van die Springbok span!!!!! Brendan Venter, jy was op jou dag kookwater met verdediging, gryp hierdie jong manne en maak van hulle ‘n span wat wil verdedig, wat wil speel, wat wil trots wees en die wen sal vanself kom!!!!!

Yeah ·

Hi Brendan, ek wou nog sê, leer hul die fox terrier manier wat jy uitgeoefen het, jaag alles en los niks uit nie, gee nooit op nie!!!!!

chrisp ·

En net hier gaan sy afrigting naam ten gronde.
Jammer om dit te sien gebeur van een van my gunsteling spelers en afrigter.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.