Oud-Springbok hang sy stewels op

Voormalige Springbokslot Flip van der Merwe het sy uittrede uit rugby aangekondig.

Die 33-jarige oudleerder van Grey Kollege in Bloemfontein speel deesdae vir Clermont in die Franse liga en het aan joernaliste gesê dat hy aan sy lyf kon voel dit is tyd om uit te tree.

“Wanneer jou lyf vir jou sê om te stop, moet jy weet hoe om daarna te luister en eerlik met jouself te wees. Dit was ’n moeilike besluit om te neem,” het die slot van by die 2 m gesê.

Van der Merwe het meer as 30 toetse vir die Springbokke gespeel, terwyl hy van 2009 tot 2015 ’n staatmaker vir die Bulls was. Hy het uiteindelik 75 Superwedstryde vir die Pretorianers gespeel, vóór hy in 2015 die skuif na Frankryk gemaak het.

Sy spelpeil het egter in die afgelope seisoen kwaai agteruitgegaan. Hy was slegs vier keer in die Franse se beginspan.

Clermont het tot dusver 12 ligawedstryde gespeel en Van der Merwe sal aan die einde van die seisoen sy laaste professionele wedstryd speel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Eben P ·

Wowwww wat n Yster Baie sterkte Flip. Hoop nie jy is totaal verlore vir die spel nie Geniet dit wat jy volgende aanpak

DV ·

Hoeveel ‘n man na 33 jaar met al die beserings en die haré wat voorle?
Sal jy dit alles weer oordoen?

SjN ·

Welgedaan Flip, geniet dit wat jy gaan doen, almal weet nou jy kom van Grey af, jy hoef dit nie te se nie, die berriggewer het dit sommer namens jou gedoen, sterkte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.