Oud-Stellenbosser druk vir Bermuda in RAN-stryd

Mikle Dill – het op Stellenbosch gedraai. (Foto: Facebook)

ʼn Produk van die Stellenbosse Rugbyakademie (SRA) het Saterdag een van Bermuda se drieë teen die VSA-Suid Panthers in Rugby Amerikas-Noord (RAN) se kampioenskap gedruk.

Mikle Dill (regtervleuel), wat verlede jaar ses maande lank aan die SRA verbonde was, het ook met ʼn doelskop geslaag.

Die Panthers, die huidige RAN-kampioen, het die kragmeting in Devonshire, Bermuda, met 48-28 gewen.

t Jamaika het Barbados in St. Catherine, Jamaika, met 37-29 geklop om die RAN-beker te wen en sodoende sy plek in aanstaande jaar se RAN-kampioenskap te verseker.

Die twee spanne was die enigste in die reeks, en Jamaika het die vorige kragmeting in Bridgetown, Barbados, met 60-14 gewen.

Die span wat laaste in vanjaar se kampioenskap eindig, sal aanstaande jaar teen Barbados sake om die beker uitspook.

tOp die derde vlak, die reeks om die RAN-trofee, hetCuraçao vir Guadeloupe op dié se tuisveld in Les Abymes in ʼn strawwe stryd naelskraap met 7-5 verslaan.

t In Providenciales, Caicos-eiland, het die Turks & Caicos-eilande se Flaminke skouspelagtige hardlooprugby gespeel om hul vriendskaplike wedstryd teen die Britse Maagde-eilande met 63-12 te beklink.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.