Oud-Stormer druk twee keer teen Rusland

Marcel Brache (Foto: Western Force)

ʼn Gewese Superrugbyspeler van die Stormers het Saterdag twee drieë vir Amerika in sy kragmeting in Denver, Colorado, teen Rusland gedruk.

Die linkervleuel Marcel Brache se tweekuns het die Arende gehelp om die Bere met 62-13 te verniel. Hy speel deesdae vir die Western Force in Andrew Forrest se Wêreldrugbyreeks in Australiê.

Die wenspan was rustyd reeds met 34-13 voor.

Gary Gold, ʼn gewese hulpafrigter van die Springbokspan, rig die Amerikaners af sedert hul vorige breier, John Mitchell, hom in Pretoria by die Bulls aangesluit het.

Luidens berigte het die Arende indrukwekkend vertoon, en word groot dinge van hulle verwag wanneer hulle aanstaande week teen Skotland te staan kom.

Die Amerikaanse span het nóg drie spelers met Suid-Afrikaanse bande ingesluit: Hanco Germishuys (flank), wat Griekwas by die o.13-Cravenweek verteenwoordig het; Shaun Davies (skrumskakel), wat in Durban gebore is; en die Australiër James Hilterbrand (bankhaker), wat ʼn draai by die Kings gemaak het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.