Oud-Valkespeler haal 18 punte in Spanje

ʼn Gewese speler van die Valke het Sondag 18 punte in ʼn wedstryd in die Spaanse Liga van Eer behaal.

Christian Rust (losskakel) het twee drieë gedruk en met vier doelskoppe geslaag in sy span, El Salvador, se nederlaag van 38-43 teen Independente.

Hy het voorheen ook vir Boland gespeel, en is as o.16-speler van die Suidwestelike Distrikte by 2008 se Grant Khomo-week ingesluit by die SA o.16-hoëprestasiegroep wat ʼn spesiale oefenkamp van die SA Rugbyunie (Saru) bygewoon het.

♦ Nóg ʼn gewese Valkespeler, Coert Cronjé (buitesenter), het ʼn drie vir Ordizia teen Gernika gedruk.

Sy span het met 30-21 gewen.

♦ Andrew Norton (losskakel) het ʼn strafdoel vir Cisneros behaal in sy nederlaag van 23-29 teen Barcelona.

Hy het die Sharks op o.21-vlak verteenwoordig, en speel sedert 2015 in Spanje rugby.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.