Oud-Witsie kry al 16 Israel se toetspunte

ʼn Oud-Witsie het Saterdag al 16 Israel se punte teen Kroasië in hul kragmeting in Zagreb, Kroasië, in Afdeling 1 Suid van Rugby Europa se reekse aangeteken.

Ori Abutbul (buitesenter) het ʼn drie gedruk, dit verdoel, en met drie strafdoele geslaag.

Sy doel in die 71ste minuut het Israel met 16-12 laat voorloop, maar Kroasië het ʼn doel in die doodsnikke van die wedstryd behaal, om met 19-16 te wen.

♦ In dieselfde afdeling het Richard Gum (linkervleuel), wat o. 21-rugby vir Griekwas gespeel het, ʼn drie vir Malta teen Bosnië-Herzegowina gedruk.

Eersgenoemde het die kragmeting tuis in Paola met 41-7 gewen.

James Kirk (heelagter) het 16 van die wenspan se punte met ʼn drie, vier doelskoppe en ʼn strafdoel aangeteken.

♦ Oostenryk was in die 60ste minuut van sy wedstryd in Wenen teen Letland in Afdeling 2 Noord nog met 20-14 voor, maar die besoekers het dit twee minute ná die eindtoeter met 26-20 in hul guns beklink.

♦ Ook in dié afdeling het Denemarke vir Noorweë in Odense, Denemarke, met 42-10 oorrompel.

André Voigt (regtervleuel), wat o. 16-rugby vir die Westelike Provinsie gespeel het, het Noorweë van die bank af verteenwoordig.

♦ In Afdeling 2 Suid het Slowenië die tuisspan, Bulgarye, in Sofia met 25-13 geklop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

CdV ·

Dankie Piet vir die bydraes oor hoe Suid Afrkikaanse spelers oorsee vaar. Ek is nie bewus van enige ander SA media wat dit so volledig berig nie. Weer eens dankie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.