Matt Williams, oudafrigter van onder meer Skotland, Leinster, Ulster en die Waratahs, het na die Springbok-taktiek gekap om ʼn spul voorspelers op sy plaasvervangersbank in te sluit.
Willie le Roux het in aanloop tot die Wêreldbeker-opwarmingswedstryd tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland op Twickenham ʼn stamp in die ribbes gekry en sy plek op die plaasvervangersbank is deur Kwagga Smith ingeneem.
Die Springbokke het dus sewe voorspelers en een agterspeler as die span se reserwekrag gehad en op ʼn aand waar die voorspelers die septer in hul uiteindelike oorwinning van 35 – 7 geswaai het, het dinge toe perfek vir die Suid-Afrikaners uitgewerk.
Ian Foster, die All Blacks-afrigter, het later erken dat die Bokke se voorspelerspel die verskil tussen die twee spanne was.
Tog het Williams maar swaar aan dié verwikkelinge gesluk.
“Sewe voorspelers op die plaasvervangersbank; is jy ernstig? Wêreldrugby moet sy stem hieroor laat hoor,” het Williams in ʼn Monday Night Rugby-podsending gesê.
Volgens die oudafrigter misbruik die Suid-Afrikaners nou die plaasvervangersbank.
“Die Springbokke het eensklaps hul hele pak voorspelers teen Nieu-Seeland vervang. Die enigste teenvoeter daarvoor is om te sê dat drie erkende agterspelers ʼn vereiste op die plaasvervangersbank is.”
Hy het terselfdertyd die Springbok-bestuur gewaarsku dat dinge ook lelik kan boemerang as alles nie heeltemal volgens plan verloop nie.
“Suid-Afrika moet tans dinge baie goed balanseer. As een van hul agterspelers ʼn besering opdoen, kan dinge vinnig skeefloop.”
Intussen het die Springbokke na die tweede plek op Wêreldrugby se amptelike punteleer geskuif. Siya Kolisi se span is net 0,74 punte agter dié van Ierland.
Nieu-Seeland beklee die vierde plek, terwyl Engeland ná sy rampspoedige vertoning teen Fidji na die agtste plek teruggesak het.
Wêreldrugby-ranglys:
- Ierland: 91,82 punte
- Suid-Afrika: 91,08 punte
- Frankryk: 89,22 punte
- Nieu-Seeland: 89,06 punte
- Skotland: 84,01 punte
- Argentinië: 80,86 punte
- Fidji: 80,28 punte
- Engeland: 79,95 punte
- Australië: 79,87 punte
- Wallis: 78,26 punte
En hulle kla oor Rassie… Snaaks hoe dinge verander as die skoen aan hulle voet sit.
Al wat ek weet is dat Rassie miskien julle ore aansit as n afrigter. Julle het altyd iets om te sê, maar julle het net suur druiwe
Matt Williams moet eerder maar stil bly. As afrigter het Williams die worst win-ratio in Scotland se geskiedenis wat net 3 van 17 wedstryde gewen het. Rassie was self al n rugby speler en n Springbok Speler. Boonop was hy die Springbok rugby span se afrigter gewees wat die Wereld Beker gewen het in 2019. Sit respek op Rassie Erasmus se naam. Matt Williams weet nie waarvan hy praat nie.
Nerens in wereld rugby se uiteensetting staan daar dat jy soveel voorspelers en soveel agterspelers op die reserwe bank moet he nie.So hulle kan 8 voorspelers en niks agterspelers opsit as hulle wil.Suur druiwe as jy my vra.Hulle weet dat die bokke hulle kan opneuk met hulle voorspelers.Wys jou net hoe fiks is die agterlyn as hulle die hele wedstryd kan speel. Bly daar was geen beserings in die sgterlyn gewees nie.
Matt Williams kon as afrigter van Skotland slegs 3 uit 17 wedstryde wen, dus is sy opinie zero werd.
Matt Williams? Ek ken haar nie eintlik nie.
Dood het oorsaak.
Ons het nog nooit gehoor van hierdie Matt Williams nie en dis dalks hoekom hy nou geraas maak om mense te laat notisie neem van hom en hom dalks ‘n pos as assistent breier aan te bied.