Oudste rugbyklubs sorg vir rugbyfees

villager-logoTwee van die wêreld se oudste rugbyklubs het Maandag op Brookside in Kaapstad vir `n ware rugbyfees gesorg.

Richmond van Engeland (gestig 1861) het op die ou end Suid-Afrika se tweede oudste klub, Villager (gestig 1876), 36-27 geklop nadat die tuisspan indrukwekkend in die tweede helfte teruggeveg het.

Grootliks te danke aan sy agttal se indrukwekkende dryfspel, was die toerspan, Engeland se derdevlak-kampioen, rustyd al 21-0 voor.

Villager se nuusbrief berig hy het in die tweede helfte waaghalsiger rugby as gebruiklik gespeel en dit het goeie vrug afgewerp. Veral die laaste kwartier het vuurwerk opgelewer met briljante hardlopery en skitterende individuele vaardighede.

Die linkervleuel Rafique September (twee), die flank Scotty Pitcher en die plaasvervanger-losvoorspeler Jannie Bester het onder meer vir Villager gedruk.

stellenbosh coronationsCoronations maak skoonskip

♦ Stellenbosch Coronations het Saterdag skoonskip teen Khayelitsha gemaak. Die eerste span het 22-0 gewen, die tweede 41-0 en die derde 10-0.

Richard Seconds, die sekretaris van Coronations, laat weet Duane Jansen en Lindsey Williams het in die eerste helfte vir Coronations gedruk, maar met die wind van agter in die tweede helfte kon hy ook net twee keer agter die doellyn kuier met drieë deur Athon Arnolds en weer Williams).

Arnolds het met `n doelskop geslaag.

“Die manne in blou se verdediging was rotsvas en het voorkom dat die tuisspan enige punte aanteken.

“Die groot uitblinker voorlangs was Clayton Abrahams met sy vernietigende duikslae.”

Seconds sê die tweede span met `n goeie spanpoging vir Khayelitsha van sy voete gehardloop.

Die driedrukkers was Rakeep Pool, Q Cloete, M Pool, J Groenewald, D van Rooyen en L Adonis. Rakeep Pool was ook suksesvol met vier doelskoppe en `n strafdoel om op sy eentjie 15 punte by te dra.

Die derde span se wedstryd baie gelykop, sê Seconds, maar die drie van L Adonis, verdoel deur Salie Jacobs, wat ook met `n strafdoel suksesvol was, het die ligapunte vier sy span verseker.

Corries speel Saterdag 28 Mei teen Whistling Wheels op Idasvallei.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.