Oumanne hou rugbyfees by Harlequins

quins golden oldiesPretoria Harlequin bied op 16 Julie `n Goue Oue-rugbyfees op sy terrein in Groenkloof aan.

Oumanrugby word streng volgens die BokSmart-reëls bedryf.

Belangstellende spanne kan met Martin White by [email protected] of 083 675 6001 in verbinding tree.

Die Nasionale Goue Oue-rugbyfees word vanjaar die 38ste keer aangebied en vind van 21 tot 24 September in Welkom plaas.

Quins se Madalas is dekades lank al een van die toonaangewende oumanspanne in die land en is gereeld `n faktor om mee rekening te hou in die Blou Bulle se laer ligas.

Daar word by die fees in Groenkloof onder meer vir `n biertent, speelplek vir kinders, musiek en gesinsvermaak voorsiening gemaak.

Toegang kos R5 per persoon en R20 per motor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.