Paarl Gim looi vir Affies

Paarl Gimnasium het Affies 46-19 geklop. Foto: Facebook.

Paarl Gimnasium het Saterdag sy negende wedstryd teen Afrikaanse Hoër Seunskool (Affies) van Pretoria gewen, toe hulle die stadsjapies met 46–19 verslaan het.

Die Paarliete het uiteindelik sewe drieë in hulle wegholoorwinning gedruk. Stravino Jacobs het twee keer deur die Wit Bulle se verdediging gebars.

In ander skoolrugbynuus sal daar vanjaar ’n nuwe kampioen in die Puk Prestige-reeks gekroon word. Dít ná Hoërskool Middelburg vir Lichtenburg (die verdedigende kampioen) oor die naweek in die kwarteindstryd uitgeskakel het.

Verlede jaar se toprugbyskool, Bloemfontein se Grey Kollege, het sy reeks seges voortgesit toe hy Selborne College met 17–8 getroef het.

  • Die naweek se uitslae:

Paarl Gimnasium 46–19 Affies

Oakdale Landbou 28–14 Durbanville

Rondebosch Boys’ High 36–26 Boland Landbou

Paul Roos Gimnasium 24–18 Grey High

Hoërskool Middelburg 40–34 Lichtenburg

Montana 50–0 Oosterlig

Oos-Moot 33–21 Centurion

Rustenburg 38–18 Kempton Park

Stellenberg 7–6 Wynberg Boys’ High

Garsfontein 52–16 Waterkloof

HTS Middelburg 32–30 Nelspruit

Monument 48–11 Glenwood

Maritzburg College 20–15 Pretoria Boys’ High

Grey Kollege 17–8 Selborne

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Piet ·

Affies moet kyk hoe hulle proewe hou en ook buite afrigters kry n onderwyser kan nie die ondervinding he wat n springbok het nie

Middelburg ·

HTS Middelburg het nie teen Ben Vorster gespeel nie, maar wel teen Hoërskool Nelspruit. Telling 32-30 in HTS se guns

Morrie ·

Wat het met Oosterlig gebeur? Lyk my hulle het nie opgedaag vir hulle spel nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.