Pannarweek: Grootfontein, Potch in rillerstryd

Grootfontein val aan teen Potchefstroom.

Grootfontein val aan teen Potchefstroom.

Die landboukolleges van Grootfontein en Potchefstroom het Maandag vir `n rillerstryd op die tweede dag van die kolleges se jaarlikse Pannarweek gesorg.

Grootfontein het die kragmeting in die Bekergroep op Potchefstroom 22-17 gewen.

“Wat `n wedstryd!” laat weet Peet van der Walt, `n woordvoerder van Pannar.

“Albei spanne het hard en met oorgawe gespeel. Daar was min te kies tussen die twee spanne. As Potch al sy skoppe benut het, kon die telling anders daar uitgesien het.

“Dit was die beste wedstryd van die dag en albei spanne kan trots op hul indrukwekkende vertonings wees,” het hy aan Pale Toe! gesê.

In die ander wedstryd in die Bekergroep het Elsenburg vir Fort Cox (naby King William’s Town) 66-3 oorrompel, en Van der Walt sê die goed afgerigte Wes-Kaapse span gaan moeilik geklop word en behoort weer die toernooi te wen.

Cedara het in die Plaatgroep vir Taung 10-7 geklop in `n gelykop wedstryd wat Taung netsowel kon wen.

Glen het Tsolo (naby Umtata) 21-0 verslaan.

“Tsolo het hard gespeel, maar is deur Glen se meerdere hanteerwerk oorskadu.”

Saterdag se uitslae (opstelronde) –

Potchefstroom 29, Fort Cox 7; Glen 24, Tsolo 0; Elsenburg 52, Grootfontein 0; Potchefstroom 41, Cedara 0; Tsolo 12, Taung 10; Fort Cox 24, Cedara 7; Glen 29, Taung 7.

Die week duur tot Saterdag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.