Panters (met SA kaptein) verslind Takbokke

Die Panters van die Amerikaanse Suide, met ʼn Suid-Afrikaner as kaptein, het Hongarye se Takbokke in die eerste wedstryd van hul Europese toer verslind.

Die toerspan, onder Hein Erasmus se aanvoering, het die kragmeting met 35-12 gewen.

Die Panters word saamgestel uit spelers van die Amerikaanse Suide, waar rugby minder sterk ontwikkel is as in die res van die land. Die span speel in die Amerikas-Noord-kampioenskap en is die huidige titelhouer.

Daar wag nog wedstryde teen die Tsjeggiese Republiek en Oostenryk op die toer.

Die Tsjegge word deur die gewese Bulls-afrigter, Phil Pretorius, gebrei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.