Park bewys Oos-Kaapse kampioen groot guns

ooskaapwapenPark van Port Elizabeth het die Oos-Kaapse Super 12-kampioen, Gardens van Uitenhage, Saterdag ‘n baie groot guns bewys.

Met sy sege van 30-25 in Groep A oor Swallows (Mdantsane) het die span van Londtpark voorkom dat Gardens ‘n plek in die halfeindronde van die reeks kwyt is, nadat die titelhouer die knie voor Spring Rose (New Brighton) moes buig.

Swallows was voor die kragmeting ‘n sport bo Park op die punteleer.

Spring Rose het die verdedigende kampioen 20-15 op laasgenoemde se tuisveld verslaan.

In die naweek se ander wedstryde het die voorloper in Groep B, Progress (Uitenhage), die Walter Sisulu-universiteit 17-5 geklop; en Buffaloes (Oos-Londen) het Harlequins van Port Elizabeth in `n wegwedstryd 31-19 opgedreun.

Dit beteken dat Spring Rose, Gardens (Groep A), Progress en Oos-Londen Polisie (Groep B) sake eerskomende Saterdag in die halfeindstryde sal uitspook.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.