Peyper blaas in sy tweede eindstryd

Jaco Peyper (Foto news.com.au)

Jaco Peyper (Foto news.com.au)

Die ervare Wêreldbeker-skeidsregter Jaco Peyper sal Saterdag in Bloemfontein die man met die fluitjie in die Curriebekereindstryd tussen die Vrystaat Cheetahs en die Blou Bulle wees.

Peyper, wat hom toenemend vestig as een van die beste skeidsregters ter wêreld, sal deur Jaco van Heerden en Cwengile Jadezweni ondersteun word. Marius Jonker is die TV-skeidsregter.

Dit is Peyper se tweede Curriebekereindstryd. Hy het in 2012 in Durban die Sharks se wedstryd teen die Westelike Provinsie geblaas wat 25-18 deur laasgenoemde gewen is.

AJ Jacobs en Vusi Msibi sal onderskeidelik die twee eindstryde  tussen die Westelike Provinsie en die Goue Leeus in die nasionale onder 21 en onder 19-kompetisie beheer. Lourens van der Merwe en Paul Mente sal in albei wedstryde die assistente wees en Johan Greeff is die TV-skeidsregter.

Die twee junior wedstryde word albei as voorwedstryde in Bloemfontein gespeel

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

PC ·

Hoe gelukkig kan die Vrystaat wees . ‘n Man uit hulle stad wat gaan blaas

Jan ·

Ag man wat implisèer PC. Klink my hy tas nou Pyper se integrityt aan. Skaam jou.

Loslip ·

Pypir se integrietyt sal muskien jelp dat sy flykie nie die cheaters bifoordeel nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.