Peyper blaas vir All Blacks teen die Leeus

Jaco Peyper - blaas in die eerste toets op Leeus se toer (Foto: news.com.au)

Jaco Peyper – blaas in die eerste toets op Leeus se toer (Foto: news.com.au)

Suid-Afrika se voorste skeidsregter, Jaco Peyper, is as skeidsregter aangewys vir die eerste toets op 24 Junie tussen die All Blacks en die Britse en Ierse op Edenpark in Auckland.

Peyper sal ook die belangrike toerwedstryd tussen die Maori’s en die Leeus beheer.

Hy is een van die drie skeidsregters wat in die toetse sal blaas. Die ander twee is die Franse blasers, Jérôme Garcès en Romain Poite, wat onderskeidelik die tweede en derde toetse sal blaas.

Peyper, 36, het reeds 36 toetswedstryde beheer.

♦  Marius van der Westhuizen van Suid-Afrika sal ook twee van die wedstryde in die Junie-‘toetsvenster’ blaas waartydens toetse oor die hele wêreld gespeel word. Hy sal vir Italië teen Fidji in Suva en Wallis teen Samoa in Apia die fluitjie dra.

♦  Glen Jackson, Ben O’Keefe van Nieu-Seeland en Angus Gardner van Australië sal die  Springbokke se drie toetse teen Frankryk beheer.

Al drie is skeidsregters wat in die Superreeks blaas en hulle interpretasies sal sekerlik vir Springbokke beter pas as dié van blasers van die Noordelike Halfrond.

Jackson en Gardner het al Boktoetse beheer (Gardner verlede jaar in Christchurch teen die All Blacks).

Jackson is ʼn ervare skeisregter. Hy het in meer as 190 eersterangse wedstryde gespeel – 60 vir die Chiefs, 130 vir Saracens en ook twee wedstryde vir die Britse barbarians en vir die Maori’s.

Jackson het ook reeds ver oor die 100 eersterangse wedstryde geblaas – seker baie naby aan ʼn unieke rekord – en is ongetwyfeld een van die wêreld se bestes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.