Suid-Afrika se voorste rugbyskeidsregter, Jaco Peyper, kan dalk self ’n rooi kaart kry oor ’n beweerde foto wat op sosiale media die rondte doen.
Op die foto poseer iemand wat soos Peyper lyk glo saam met Walliese ondersteuners terwyl hulle die spot met die Franse slot, Sebastien Vahaamahina, dryf.
Peyper het in Saterdag se kwarteindstryd tussen Frankryk en Wallis vir Vahaamahina van die veld met ’n rooi kaart gejaag, toe hy sy elmboog in Wallis se Aaron Wainwright se gesig gedruk het.
Frankryk het ’n voorsprong van 12 punte weggesmyt om uiteindelik met 20 – 19 teen die Rooi Drake te verloor.
Sedertdien word die Peyper-foto op sosiale media versprei waarop die Suid-Afrikaanse skeidsregter saam met ’n klomp Rooidraak-ondersteuners hul elmboë soos Vahaamahina uitsteek.
Die Franse Rugby-unie se visepresident, Serge Simon, het gesê dat indien die foto eg is, dit “skokkend” sal wees.
Intussen het Wêreldrugby aangekondig dat hulle nog inligting benodig voordat hulle kommentaar op die aangeleentheid kan lewer.
- Wallis se afrigter, Warren Gatland, het nie veel oor die foto te sê gehad nie, behalwe dat mense geneig is om “berge van molshope te maak”.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
27 Kommentare
Ag leef en laat leef TOG die mensdom het so pateties geword!
Sy mede spelers moet eindelik almal ‘n kans kry om hom met die elmboog in die gesig te slaan want hy het hulle die wedstryd gekos. Mense is so kinderagtig hy was VERKEERD niks met die foto verkeerd nie!
Dit is Wallis se eie Haka deur die Franse vir hulle ontwerp.
Slim vang sy baas.
Nie eers ‘n berig werd nie. So what? Sosiale media is ‘n dooie by in ‘n Coke blikkie. Enige een met ‘n bietjie verstand kan sien dis in ligte luim. Sjoe, maar die World Cup het in een van die swakstes ontaard, lyk dit my.
Los Peyper en die fotor. Dis NIKS.