Peyper enigste SA’ner in halfeindstrydaksie

Jaco Peyper. Foto: Facebook.

Die Bloemfonteinse regsman, Jaco Peyper, sal die naweek die enigste Suid-Afrikaner in aksie by die Superrugby-halfeindstryde wees, wanneer hy as assistent-skeidsregter vir die Nieu-Seelandse derby tussen die Crusaders en die Hurricanes sal optree.

Die Crusaders sorg gereeld vir mylpale in sy loopbaan – sy 100ste Superrugby-wedstryd was óók ’n Crusader-affêre toe die Christchurch-manne vroeër vanjaar teen die Brumbies kragte gemeet het.

Die 39-jarige Peyper het in 2008 sy professionele skeidsregterdebuut gemaak toe hy die fluitjie in die Valke/Boland-kragmeting geblaas het. Kort daarna het hy sy Superrugby-buiging gemaak.

Sedertdien was hy al in beheer van twee Superrugby-eindstryde (in 2015 en in 2017), terwyl hy al in aksie in 46 toetse was.

“Vodacom Superrugby is uniek omdat dit veelsydigheid van jou as skeidsregter verwag. Daar is aan die een kant klipharde plaaslike derbies tussen die Suid-Afrikaanse spanne, terwyl jy terselfdertyd die spelpatrone van ander Sanzaar-spanne moet bestuur.

“Elke week bied ’n eiesoortige uitdaging, maar ek geniet steeds elke oomblik van elke wedstryd. Verder streef ek nog om daardie perfekte wedstryd te blaas … eendag!” het Peyper vroeër aan SuperSport gesê.

  • Die naweek se halfeindstrydbepalings:

Jaguares teen Brumbies in Buenos Aires:

Skeidsregter: Mike Fraser

Assistent-skeidsregter 1: Glen Jackson

Assistent-skeidsregter 2: Federico Anselmi

Televisie-skeidsregter: Santiago Borsani

Crusaders teen Hurricanes in Christchurch:

Skeidsregter: Nic Berry

Assistent-skeidsregter 1: Jaco Peyper

Assistent-skeidsregter 2: Paul Williams

Televisie-skeidsregter: Ben Skeen

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Derick ·

Ten minste is hy nie in beheer nie. Net assistant. Dankie tog.

SjN ·

Dit is lekker om kundige name wat gaan optree te sien en nie agv kwotas daar is nie.

Henry ·

Egon Seconds is loshande die droewe land se beste skytsregter.
Met sy fluitjie het hy die Visvoete op eie houtjie van ‘n heel laaste posisie op die Superrugby gered.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.