Peyper, Jonker na Japan

Jaco Peyper. Foto: Facebook.

Suid-Afrika se Jaco Peyper en Marius Jonker is deel van die groep van 23 wedstrydbeamptes wat aan die stuur van sake in 48 wedstryde van die Wêreldbeker-rugbytoernooi gaan wees.

Elke Springbok-ondersteuner se gunsteling, Romain Poite, is ook deel van die aksie. Die meeste skeidsregters kom van Engeland en Frankryk.

Die Wêreldbeker word van 20 September tot 2 November in Japan beslis.

  • Die groep skeidsregters is:

Skeidsregters (12): Wayne Barnes (Engeland), Luke Pearce (Engeland), Jérôme Garcès (Frankryk), Romain Poite (Frankryk), Pascal Gaüzère (Frankryk), Mathieu Raynal (Frankryk), Nigel Owens (Wallis), Jaco Peyper (Suid-Afrika), Ben O’Keeffe (Nieu-Seeland), Paul Williams (Nieu-Seeland), Nic Berry (Australië) en Angus Gardner (Australië). Die groep het altesaam 457 toetse se ervaring as toetsskeidsregters.

Assistent-skeidsregters (sewe): Matthew Carley (Engeland), Karl Dickson (Engeland), Andrew Brace (Ieland), Brendon Pickerill (Nieu-Seeland), Federico Anselmi (Argentinië), Shuhei Kubo (Japan) en Alex Ruiz (Frankryk).

Televisie-skeidsregters (vier): Graham Hughes (Engeland), Rowan Kitt (Engeland), Ben Skeen (Nieu-Seeland) en Marius Jonker (Suid-Afrika).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 22:00 en 06:00 op Vrydagaande, Saterdae, Sondae en Maandagoggende.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.

9 Kommentare

Lekker lag ·

Uitstekende keuse. Net solank hy nie ‘n Stormers game hoef te blaas nie los dit vir seconds best…….

kolla ·

Hy kan nie teen die Stormers blaas nie so dit behoort oukei te wees. Geluk menere Peyper en Jonker!

Anoniem ·

Jaco verdien dit! Het al gesien hoe daai man in vakansietye oef!

Wonder-maar-net ·

So, indien jy hard oefen in die gimasium of hardloop maak dit jou ‘n goeie skeidsregter?

Henk Stander ·

Nee hy bedoel dat die man konstant hard werk aan sy beroep… goeie verstaner, halwe woord né.

Bekommerd ·

Wel ou WP Peyper moet daar wees, wie anders gaan die bokke help.

Pieter ·

JP is ‘n swak skeidsregter. Ons beste ref op hierdie stadium is seker Rasta. JP is eenogig en baie slinks met sy besluite op die veld.

Nico ·

Pieter, met eenogig raai ek jy bedoel hy blaas te veel teen jou span.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 22:00 en 06:00 op Vrydagaande, Saterdae, Sondae en Maandagoggende.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.