Peyper sal sy 50ste toets by Wêreldbeker blaas

Jaco Peyper. Foto: Facebook.

Suid-Afrika se Jaco Peyper sal gedurende die komende Wêreldbeker-rugbytoernooi ’n mylpaal bereik wanneer hy in beheer van sy 50ste internasionale toets sal wees.

Hy sal dié mylpaal bereik wanneer hy die wedstryd tussen Japan en Samoa op 5 Oktober hanteer.

Wêreldrugby het die beamptes vir die wedstryde aangekondig en Frankryk se Jérôme Garcès sal aan die stuur van sake vir die Springbokke se openingswedstryd teen Nieu-Seeland op 21 September in Yokohama wees.

  • Peyper was ook vroeër in beheer van die Superrugby-eindstryd tussen die Crusaders en die Jaguares.
  • Intussen is Scarra Ntubeni, Wilco Louw, Siya Kolisi, Marco van Staden en Dillyn Leyds deur Rassie Erasmus nadergetrek vir die komende vriendskaplike toets teen Argentinië op Loftus Versfeld.
  • Die Bokke se oefensessie is vanmiddag (15:50 tot 17:10) oop vir die publiek en hulle sal ook by die kaartjieverkope betrokke wees.
  • Hulle het verlede week die einste Argentyne 46 – 13 geklop om as die Rugbykampioenskap-wenners aangewys te word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Koos ·

Ek het gevrees hul het nog nie die idee van van Staden uit hul kop gekry nie.

Poot ·

As jy nou vir alias “kolla” vra sal hy jou vertel dat Kolisi ‘n beter skeidsregter is.

Pietman ·

Ai ou Poot laat Kolla jou maag ook werk? Eks bly ons kaptein is trug waar hy hoort! SALUUT

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.