Peyper sê jammer; twee ander blaas in halfeindstryde

Jaco Peyper in aksie tydens die groepwedstryd tussen Japan en Samoa. Foto: (AP Photo/Shuji Kajiyama)

Suid-Afrika se voorste rugbyskeidsregter, Jaco Peyper, het om verskoning gevra oor die foto van hom saam met Walliese ondersteuners wat daartoe gelei het dat hy nie oorweeg is om in een van die Wêreldbeker-halfeindstryde te blaas nie.

Wêreldrugby het in ʼn verklaring bevestig dat Peyper nie deur die wedstrydbeamptes se keurkomitee vir die naweek se halfeindstryde oorweeg is nie.

“Peyper het erken dat die foto van hom saam met Walliese ondersteuners, wat op sosiale media aan die lig gekom het na die kwarteindstryd tussen Wallis en Frankryk, onvanpas was en hy het om verskoning gevra.”

Die omstrede Jérôme Garcès. Foto: (AP Photo/Mark Baker)

Die omstrede Fransman Jérôme Garcès is intussen aangestel om die fluitjie te blaas in Sondag se halfeindstryd tussen Suid-Afrika en Wallis. Wayne Barnes (Engeland) en Ben O’Keeffe (Nieu-Seeland) is as die assistent-skeidsregters aangewys, terwyl Ben Skeen (Nieu-Seeland) as TV-skeidsregter sal optree.

Nigel Owens is intussen as skeidsregter aangewys vir Saterdag se halfeindstryd tussen Engeland en Nieu-Seeland, met die Fransmanne Romain Poite en Pascal Gaüzère wat as die assistent-skeidsregters sal optree en die Suid-Afrikaner Marius Jonker wat as die TV-skeidsregter aangestel is.

Maroela Media het vroeër berig Peyper kan moontlik in die sop beland oor die foto waarin hy saam met Walliese ondersteuners die spot met die Franse slot, Sebastien Vahaamahina, dryf.

Die foto wat op sosiale media die rondte doen. Foto: Twitter.

Peyper het in Saterdag se kwarteindstryd tussen Frankryk en Wallis vir Vahaamahina met ’n rooi kaart van die veld gejaag, toe hy sy elmboog in Wallis se Aaron Wainwright se gesig gedruk het.

Frankryk het ’n voorsprong van 12 punte weggesmyt om uiteindelik met 20 – 19 teen die Rooi Drake te verloor.

Die foto wys hoe Peyper saam met ’n klomp Rooidraak-ondersteuners hul elmboë soos Vahaamahina uitsteek.

Die Franse Rugby-unie se visepresident, Serge Simon, het gesê dat indien die foto eg is, dit “skokkend” sal wees.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

99 Kommentare

Hab ·

Absurd.
Nou blaas n franse ref in ons game
En wat is die verskil tussen daai foto en ‘n spotprent. Immers het hy’ n sin vir humor

Therese ·

“Hab”
Jammer, maar as jy nie die verskil tussen ‘n spotprent en hierdie situasie kan sien nie, sal iemand vir jou in prentjie-formaat moet probeer verduidelik.

SeMaarNet ·

En hulle verpes ons… so weet maar hier kom weer ‘n game teen die ref.

Frank ·

Dis nie net ‘n Franse ref nie, dis GARCES!!!! Onthou sy eenogigheid toe ons teen die All Blacks gespeel het?

Reinhardt ·

Ag, nóg ʼn storm in ʼn teepot… almal se filtertjies is tog só fyn gestel. Smaak my mens kan deesdae in die moeilikheid beland deur slegs asem te haal.

CM ·

Met alle respek Jaco, dit was baie onprofesioneel boonop terwyl jy regs kwalifikasies besit.
Jy is beslis een van die top fluitjie blasers in die wêreld. Een dwase oomblik en kyk na die resultaat daarvan.
Ek is seker dat die respek wat jy afgedwing het, beslis nou ‘n knou gekry het.
Dit is so jammer en hartseer.

Wie weet ·

Het die mense nie meer humor nie Niks fout met die foto nie

E ·

Ek dink hy het goeie humorsin, net die franse wat suur was oor hulle droog gemaak het en moes toe “deflect”.

Frans C ·

Peyper het mi al lankal te groot vir sy skoene geraak en was die foto in swak smaak.Nou kry die Bokke die omstrede Jérôme Garcès wat die openingswedstryd tusse NZ en Suid Afrika geblaas het en talle omstrede beslissings gemaak het.

Dit kan dalk net die einde van die Bokke wees want die manier hoe die man skrumbeslissings maak is mi skokkend en elimineer een van die Bokke se sterk punte.
Dankie Peyper.

Poot ·

Ag asseblief Frans C. Peyper sou elk geval nie die bok game geblaas het nie. Gaan dit jou volgende verskoning wees sou die bokke verloor?

Nettie ·

@Franc C – my gedagtes ook. Behalwe dat mens amper daai Fransman nie kan verstaan, so sleg praat hy Engels nie, is hy ook bekend vir die simpel beslissings wat hy maak. Wel, AS DIE BOKKE WALLIS KOMENDE SONDAG WEN, GAAN DIT ‘N GROOT WONDER WEES.

GR ·

Stem saam met jou ek dink Jaco Peyper het ons die beker gekos.!!!

Arie ·

Ek weet nie wat hy verkeerd gedoen het nie die foto het niks met rugby te doen nie, hulle soek net iets om ons te rook en die betrokke Ref is die perfekte persoon maar dit het niks met Peyper te doen nie, dis belaglik

Viss ·

Al het hy nie droog gemaak nie sou hy nie in die Bokke se wedstryd die skeidsregter gewees het nie. Die IRB moet eerder na van die skeidregters se swak vertoning kyk en nie mense soos Jaco Peyper straf oor snert nie.

Vintcent ·

Die Fransman gaan SA uit die toernooi blaas. (Ek hoor al die rusbankkenners). Wallis het darem seker meer planne om SA te troef, want laasgenoemde se enigste plan is skop en stampkarretjies.

Hector Jooste ·

Ai, die wêreld is siek! Wat het geword van humor en gesonde verstand. Vandag kan jy niks meer doen nie want iewers gaan daar iemand wees vir wie dit nie polities-, kerklik-, en lyk my nou ook sport-korrek gaan wees nie!

WMirabilis. ·

Ek is al te bang om my neus by my voordeur uit te steek, want netnou arresteer Orwell se “thought police” my.

Joubert ·

Belaglik ja. En ek’s bevrees dit gaan net erger raak. Ek vermoed ons gaan nou die laaste dae in.

Heksie ·

ag nee, dis nou absoluut absurd!

ek kan mos “pose” vir fotos saam wie ek wil, of is dit nou ook ‘n misdaad!

Nico ·

Heksie ek dink nie dit gaan oor die pose saam met die foto nie, dit gaan oor ‘n beslissing wat hy geneem het in die wedstryd en hy nou selfs daarmee spot. Beslissing was reg maar sy optrede laat die vraag ontstaan sou hy dit gedoen het as dit ‘n Wallis speler was in die lig van sy optrede in die foto. Hy is nie so skoon as wat hy wil voorgee nie. Gaan kyk maar in nuusblaaie hoe gereeld is daar vrae na ‘n wedstryd oor sy hantering daarvan.

Linda ·

Nico praat die waarheid hier ! Peyper moet terug huistoe gestuur word, hy is bias !!!

Swart Piet ·

En nou sit die Bokke met nog n moewiese probleem en dit is n blinde Fransman wat ons beslis uit WB2019 gaan blaas. DIe Bokke sal moet uiters versigtig wees. ‘n Amperse hoogvat , laat loop of wat Beast gedoen het dan is ons uit.

JK ·

Soos daai wat Beast n rooi moes wees?! en die speler in die lug speel wat geel moes wees? Wayne het die Japenese uit die WC geblaas.

Therese van Schalkwyk ·

Jaco Peyper, as SA se topskeidsregter, se gebrek aan oordeel is teleurstellend, sy verskoning verblydend.
Anders as wat sommige leserskommentare hier te kenne gee, het die Franse geensins gekla oor die gee van die welverdiende rooikaart nie.
Inteendeel, die betrokke speler het sy gruwelike breinfloute erken en reeds uitgetree.
Dis die plasing van die “onvanpaste” foto wat amper ongelooflik dom is.
Dit spreek boekdele dat sommige rugbyliefhebbers sowaar geen fout daarmee sien nie.

Dr Phil ·

Wat??? Kyk Greta ook nou rugby? Peyper:”How dare you?”
Hugo, bel die Polisie!!

En nou? ·

Was dit nie ‘n rooikaart oortreding nie? DIT WAS!
So wat is die probleem? Die wereld is besig om te verkrummel!

Johan Potgieter ·

Hoe belaglik!!! Waarheen gaan die wereld, almal soek sensasie en fout in alles. Ek sien niks fout met dit nie.

Nico ·

SA is afraid of the reff because they don’t know the rules. The don’t know which is left, right or back of a ruck. They don’t know what is in front or behind there own players. They don’t know what is it to leave it when the ball is on the ground and don’t crawl with it. When they get punished the reff is in the wrong. Go for it mr. reff don’t that Rassie and his team try and scare you like they tried before the series kick-off. The “goats” must be shy anyway that the public must pay a lot off money for the poor rugby they dish upp.

Al ·

Obviously you are not a boer – a boer is never afraid!! We just want to be handled with integrity in the spirit of the game. Garces proved himself contrary on many occasions.

Christo ·

Nou gaan Peyper seker vir 4 wedstryde geskors word vir n hou in die gesig. Hy is mos van SA en die Fransman 2 weke.

Stephen ·

Totaal onvanpas. Kan nie glo dat n professionele persoon so dom kan wees nie. Dit kan die einde van sy loopbaan as internasionale skeidsregter beteken.

bokkie ·

Hy word gemeet aan die ander top skeidsregters in die toernooi. Sou hulle so ‘n onbesonne ding aangevang het? Die antwoord is ‘n duidelike “nee”. Peyper se optrede is onvanpas en onprofessioneel.

johanna ·

Ek persoonlik sien baie fout met hierdie foto .. dit was ‘n 20 -19 en jy gaan staan as skeidsregter saam die ondersteuners van die wenspan – laat my ook wonder wat regtig op daardie veld aangaan … ek sou inderdaad dat Frankryk en Wallis hierdie wedstryd oorspeel want die skeidregter se integriteit word nou in twyfel getrek ..

Mike Olwagen ·

Ag nonsens.. die fotos is duidelik op ‘n lughawe geneem. Ek het al skedisregters se hand geskud op ‘n lughawe en vir fotos geposeer…het dit nou almal van hulle se integriteit as skeidsregter in twyfel getrek? “Storm in a tea-cup” soos Warren Gatland gese het na die voorval.

Syddy ·

Ai ai kan mens nou nie eens meer onskuldige pret hè nie. Wat na die tyd gebeur het mos NIKS te doen met wat op die veld gebeur het. En nou word hy gepenaliseer! Hemel wat het de wèreld tot gekom. As hy die ou nie gestraf het nie sou dit ook nie reg gewees het nie. Om saam met ondersteuners fotos te neem is nie sonde nie. En Jaco was in sy privaat klere afgeneem. As hy nog in sy uniform was sou dit dalk so n herrie kon ontketen. REGTIG!! Wèreld kry tog humor!

Marius ·

Johanna,glo nie jy het die wedstryd gekyk so jy se daai rooikaart teen Frankryk was beplan?Gaan kyk liewers die wedstryd voor jy komentaar lewer.

TwaalfBoor ·

@Johanna
Verduidelik asb wat die verskil sou gewees het as Peyper dieselfde foto gepost het met Franse ondersteuners.

Dirk ·

Stem saam met Johanna, al mag Peyper ‘n goeie blaser wees.

Feite ·

Dit was net n grap op die verkeerde tyd en op die verkeerde plek en nou lei dit ongelukkig tot nadelige gevolge vir Jaco. Hopelik sal hy iets hieruit leer!

Sarel ·

Jaco Peyper jy mag maar. Die foto is in sooo goeie gees geneem. Ek is so bly jy is ‘n gewone mens van die veld af. Geen ‘air’ .Dankie dat jy jou beste vir die reels van rugby uitrol op die veld.
Doen so voort!

Syddy ·

Ek dink as hy “as skeidsregter” soos Johanna beweer, daar gestaan het, sou hy in sy uniform daar gestaan het. Ek sien egter n doodgewone man (wat dalk meer bekend as baie ander is) in gewone klere en wat fotos nèem saam andér ( wat nie n sonde is nie) op die foto. Los tog die man uit… hy het after all ook n gewone lewe om te lei.

CJ ·

Hy het net gedemonstreer hoe hoog Wallis hulle elmboe gaan lig met franse Wyn na die oorwinnig! Party mense lekker dof!

Bekommerd ·

Ag nee regtig. Die bokke kan maar weet. ..ons is uit die game met die Fransman. Wat is so special van hom. Uhm en wat is fout met Peyper se foto?????

bokkie ·

Die Bokke wen nie met Garce as blaser nie. Dankie Peyper, wat de hel het in jou kop aangegaan?

TwaalfBoor ·

@bokkie
Verander asb jou alias… miskien na poppie. Die Bokke gaan Wallis wen en gaan finals toe.

Jaco ·

Ek verstaan nie eintlik wat die foto beteken nie maar wat maak dit saak? Kyk na feite, hoe het hy geblaas? Was daar enigsins na die wedstryd iets te se oor hom dat hy in Wallis se guns geblaas het? Nee, hyt hom goed van sy taak gekwyt so dit maak die foto n grap en enige iemand wat iets hiervan wil maak moet n stokperdjie kry om hulle tyd op te mors.

Raymond ·

Die franse het op hulle eie verloor, nie dat enige 1 van die 2 spanne juis presteer het nie… Jaco is 1 van die beste refs daar, ek sal eerder vra hoe is Garce daar op meriete?

Linda ·

Hierdie is Wereldbeker rugby, hier gedra jy jouself en maak nie grappe met enige span nie, en geniet ook nie pret saam met spanne nie, totdat n wenner die Wereldbeker gewen het !!!! Dan kan jy gaan pret hou.

Raymond ·

Ek stem saam met jou Mike, kyk na die foto. Dis ‘n groot grap vir die ouens en as ek so kyk na hulle smiles, dan lag ek ook sommer. Paar manne met ‘n bier en jy sien die ref – ek sou dieselfde gedoen het.

bokkie ·

Daar’s ‘n plek vir alles. Om direk na ‘n belangrike wedstryd gek te skeer oor ‘n beslissing (al was dit korrek) wat in alle waarskynlikheid die Franse ‘n sege gekos het, is uiters onprofessioneel. Skande vir SA.

Penelope ·

Ai Jaco, dis nou jammer…. Hy is een van die mees regverdigste mense en hy het dit al oor en oor bewys. Ek voel ook dat SA gaan swaar trek met die Fransman.
Nico, skaam jou om so te praat…. Jy klink vir my so na ‘n “ou goat” wat nie weet wat om met jou tyd te doen nie.

chrisjan ·

Ag hoe lekker lag ek NOU!Die bokkies gaan nou teen die ref EN die TV ref ook moet speel.Dis wat my grief van hedendaagse rugby en gemaak het dat ek my premium TV pakket jare terug gekanselleer het.Eks erg dankbaar ek sien GEEN wedstryde meer nie want dit jaag net my bloed druk onnodig op.Gekke spul.

TwaalfBoor ·

@chrisjan
Ten spyte van die feit dat jy nie meer rugby kyk nie want dit doen jou gesondheid nie goed nie, bly jy maar lekker nuuskierig oor wat aangaan in die rugby wêreld.

Mark ·

Die kommentare hier bewys hoe moreel korrup ons land se mense is. Die foto is skokkend aangesien dit wys dat hy kon kant kies. Dis ‘n stupid ding om te doen deur enige persoon wat ten alle tye neutraal moet voorkom

Sarel ·

Mark gaan maak jou merk by die MRK. Ons sien geen partydigheid nie! Daar was en is geen partydigheid toe die spel aan was nie. NIKS.

“Mark my words or present us with some proof!”

Frans C ·

Party mense het geen idee van wat hier aangaan nie.Die Franse rugbybase het soveel druk uitgeoefen dat hy wat Peyper is en ‘n goeie kans gestaan het om een van die twee wedstryde te blaas totaal uit die toernooi geboender het.Nigel Owens sou waarskynlik dan Wallis-Suid Afrika geblaas het.

Nou kry ons ‘n skeidsregter wat toegelaat het dat Read onwettig du Toit wat op pad was
om die All Black skrumskakel af te sny laagvat en so sorg dat sy agterlyn skoon balbesit kry.Toelaat dat Moodie nog erger goed in die middelveld doen.Toelaat dat wanneer die All Black skrum onder druk is ,toelaat dat dit val of Suid Afrika straf al gaan die All Black vas of loskop eerste af.

Dit gaan dus oor veel meer as dit en is ek nie alleen in my kommentaar nie.Springbokke wat al die wêreldbeker gewen het huldig dieselfde kommentaar en ek stel voor dat as jy
een van hulle raakloop die moed van oortuiging sal hê om te sê hul praat nonsens en soek net vooraf verskonings.

TwaalfBoor ·

Nigel Owens is na my mening een van die beter skeidsregters. Maar ek kan nie verstaan hoe die Walliser kan blaas in die Eng/AB wedstryd nie. Tog is Engeland en Wallis soort van “bondgenote”. Dan kan Peyper mos net so wel SA/Wallis blaas of ñ assistent wees.

Frans C ·

Hoekom om verskoning vra as jy reken dat jy niks verkeerd gedoen het?

Ag Ja! ·

Frans C, stem saam met jou. Daar is n sekere etiket wat gehandhaaf moet word. Hy word beskou as die beste , en behoort te weet dat hy in die kalklig is. Al was dit humor dink ek hy het n groot oordeelsfout begaan. Dit het hom nou gebyt.

schaun ·

Suid afrikaanse mense veral die huidige benaadeelde minderhede is ook so gewoond om pak slae te kry dat die geringste onskuldige fout wat een van hulle eie mense maak word gesien as n groen lig om daardie persoon so hard by te kom as wat moontlik is ,n tipe stoom afblaas blyk dit te wees ,Jaco Peyper is die beste skeidsregter in suid afrika en as hy in sy privaat tyd n grap wil maak wie is julle om hom te oordeel?

The Oracle ·

Net nog ‘n rede hoekom ek nog altyd sê dat alle Franse “girls” is. Hierdie saggeaarde wankelrige tingerige verskoning van mans… Sommer lus en slaan almal met my handskoen…

Lenie Labuschagne ·

Ag nee wat waaroor gaan die bohaai nou eintlik.
Hy het ‘n sin vir humor en ek glo nie die bohaai oor die foto is die moeite werd nie.
Glo ook nie dit is nodig om ‘n gesig op te sit van geen emosie by ‘n rugbywedstryd nie, maak ‘n grap en geniet die wedstryd!

Niklaas ·

Peyper sou nooit toegelaat word om vir sy landgenote , die Bokke te blaas nie. Nigel Owens van Wallis ook nie in daardie selfde wedstryd (SA teen Wallis). Hulle sal mos voortdurend as bevooroordeeld bestempel word en ek is doodseker daar is reels aangaande so ‘n landgenoot situasie. Dis jammer van Garces die Fransman. Hy maak ernstige dom foute en dit kan ons dalks glad nie bevoordeel nie. Tog is skeidsregters selde die gehele oorsaak van ‘n span se verloor , behalwe miskien ‘n sekere Bryce Lawrence wedstryd geval wat min kykers in SA sal vergeet. Feit bly dat Peyper nie goeie oordeel getoon het met poseer vir daai foto , juis omdat die Franse se wenkanse erg verswak het a.g.v. die elboog slaan voorval . Hy kon dink die Franse sal ten hemele skreeu met publikasie van daai foto, so dit was nie vreeslik slim nie.

thelsa ·

Jaco Peyper kan nou voel hoe dit voel om ‘n rooi kaart te kry. Hy is altyd aan die uitdeelkant. Nou is hy aan die ontvangskant deur ‘a moment of madness’ soos enige rugbyspeler in die hitte van die moment. Spelers bedoel ook nie om om ander leed aan te doen nie. What goes around, comes around. Tuffies Jaco !!

TwaalfBoor ·

@thelsa
Ek neem aan jyt nooit rugby gespeel nie pop. Jy weet BESLIS nie wat deur ñ rugby speler se kop gaan nie. Hulle dink definitief nie aan koekies en tee met die oponent na die game nie.

Drikus Kotze ·

Dit was na die wedstryd geneem, ek sou hoop dat ek vryheid van assosiasie mag hê in my persoonlike hoedanigheid. Die Franse is slegte verloorders.

Siener ·

Bok ondersteuners skreeu altyd eerste Ref ,Ref. Skeidsregters word altyd as verskonings gebruik as die ou Bokkies verloor. Dan word die skeidsregter en sy beslissings behoorlik oor die kole gesleep.
Ek wonder wat die Bok ondersteuners sal sê as Nigel Owens of Jerome Garces saam met die All Blacks vir ‘n fotosessie en spanbou gekuier het??
Etiket en onpartydigheid moet een van ‘n skeidsregter se eienskappe wees. Pyper moet dit geweet het

TwaalfBoor ·

@siener
Ag en jou All Blackies en hul afrigter is engeltjies nè siener . Gaan lees die Harold asb.

Jo ·

Frans C jy noem mense het nie idee wat hier aangaan nie. Daai skeidsregter het nie net die AllBlack foute raak gesien nie maar ook ons sin wat jy nie noem nie. Dink nie in wereld beker sal hulle n skeidsregter sy eie land laat blaas nie. Soos jy beweer Nigel sou waarskynlik Wallis- S.A geblaas het. Nigel Owens is van Wallis.

Spioen ·

Hoekom…want die Franse unie betaal baie geld vir die Wereld Rugby Unie.

Francois ·

MM die elmboog van Vahaamahina is nie in die gesig van Aaron Wainwright GEDRUK nie, Wainwright is in die gesig GESLAAN deur Vahaamahina se elmboog. Jaco tesame met die televisie skeidsregter se beslissing op n rooi kaart was dus 100 % korrek. DIe foto van Jaco met die spelers van Wallis is nie die regte ding gewees nie. Dit was oop vir verkeerde intrepetasie wat dan ook die gevolg was – veral deur Frankryk. Ons sou net so geraas het as ons in die Franse se skoene was., veral met n wedstryd wat met 1 punt gewen was – ons sou BOOS gewees het!

Pietsnot ·

Peyper het reeds geweet hy sal nie verder in die toernooi blaas nie. Daarom n bietjie onskuldige pret na die tyd. Ongelukkig sal die Franse skeidsregter nou wraak neem. Dit kon Peyper nie voorsien nie.

Grappie: Koos en n prokureur stap in die jagveld en kom op n leeu af. Toe skiet Koos die prokureur. Twee keer!

MJ ·

Almal gee al klaar die skuld vir Peyper as die Bokke verloor.
As die Bokke REGTIG goed is kan geen ref hul uit ‘n wen uit blaas nie…

Frans C ·

Ag mense kom tog oor dit.Peyper is een van die beter skeidsregters,maar my persoonlike opininie is dat hy net soos Watson,,’n te hoë dunk van homself gekry het.

John Eales het ‘n stadium gedreig om die Wallaby-span van die veld te neem in ‘n wedstryd teen die All Blacks as Watson nie sy houding verander nie.Die foto wys tog duidelik dat Peyper die spot dryf met die Fransman wat hy afgestuur het deur sy elemboog op dieselfde manier teen die Walliese ondersteuner se nek te druk.

Hy besef dat dit in swak smaak was en daarom vra hy nou ‘n bietjie laat om verskoning.
Die skeidsregter wat ons kry is een van die swaktes en in die opsig is ek nie die enigste een wat so dink nie.

Nico ·

Almal blameer altyd vir Garcés as hy vir die boklammers blaas en hulle verloor. Na die AB’s wedstryd was dit ook so. André Watson, een van die beste reffs wat die wêreld nog opgelewer het, het dit duidelik gestel dat hy die AB’s net so te nagekom het dus moet die boklammers dankbaar wees anders het die boklammers ‘n vernederende nederlaag teen AB’s gelei.

Johan ·

Hierdie wêreld raak al meer absurd. Wat my bang maak is dat die absurdhede al hoe meer teen gewone, regdenkende en behoudende mense gepleeg word…

James ·

Met respek Jaco, jy moes van beter geweet het. n Persoon in jou posisie behoort net soos n regter te alle tye professioneel op te tree en te alle gesien word totaal onpartydig te wees. En ja, uiteraard het die Franse se emosies hoog geloop, so miskien was dit n ongevoelige optrede van jou kant af sonder om aan die moontlike konsekwensies te dink.

Rupert Ashford ·

Skeen…..hier kom ‘n rooi kaart teen die proteatjies…

TwaalfBoor ·

@Rupert Ashford.
Of sal ek sê ou Ryperd. Die Bokke gaal Wallis se koppe in ñ diep donker plek in druk…. met of sonder ñ rooi kaart.

TwaalfBoor ·

@Rupert Ashford.
Of sal ek sê ou Ryperd. Die Bokke gaal Wallis se koppe in ñ diep donker plek in druk…. met of sonder ñ rooi kaart.

JohanR ·

Daar is dae dat ek ‘n selfoon en tablet verpes. Waar is die dae toe my meisie en ek, lekker gesit en eet het…lekker kos, lekker wyn, lekker dans, lekker vry, lekker gesels en dan huis toe gaan en lekker…… Deesdae sit die tweetjies skaars, en die eerste ding wat hulle wil van weet is of daar vry WiFi is. As hulle eers “connected” is, dan verget van eet, wyn, dans, vry, gesels en wie weet……….. latter. Verbaas kinders word deesdae gebore, soos mense nie ‘n minuut op die sel mag mis nie!

Ig ·

Franse is suurgat omdat hulle verloor het. As hulle gewen het het hulle n grap van die foto gemaak

DVL ·

Ag regtig mense kom oor julleself dis vrek snaaks. Shame die arme mense wat so PC is voel jammer vir sulkes. Dis die probleem met vandag se wereld almal huil oor goed wat nie saak maak nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.