Die Cheetahs se Ruan Pienaar sal Saterdag op die plaasvervangersbank wees vir die Vrystaters se kragmeting teen die Stormers in Kaapstad.
Die 36-jarige veelsydige speler het verlede Oktober ’n kniebesering teen die Bulls opgedoen wat hom lank op die kantlyn gehou het.
Sy terugkeer sal ’n welkome hupstoot vir die Bloemfonteiners wees. Saam met Frans Steyn sal die Cheetahs weer oor ’n paar gedugte stelskoppers beskik, terwyl sy ervaring van onskatbare waarde is.
“Ek is baie opgewonde om weer te speel en net betrokke by die span te wees. Die Stormers het ’n goeie span gekies en hulle sal goed op hul nuwe tuisveld wil vertoon,” het Pienaar in ’n radio-onderhoud gesê.
Die wedstryd begin Saterdag om 17:15 en sal regstreeks op SuperSport uitgesaai word.
Cheetahs: Clayton Blommetjies (heelagter), Duncan Saal (regtervleuel), Chris Smit (buitesenter), Frans Steyn (binnesenter), Rosko Specman (linkervleuel), Reinhardt Fortuin (losskakel), Tian Meyer (skrumskakel), Jeandre Rudolph (agtsteman), George Cronje (flank), Andisa Ntsila (flank), Rynier Bernardo (slot), Carl Wegner (slot), Aranos Coetzee (stut), Wilmar Arnoldi (haker) en Schalk Ferreira (stut). Plaasvervangers: Marnus van der Merwe, Conraad van Vuuren, Khuta Mchunu, Victor Sekekete, Aidon Davids, Ruan Pienaar, Dries Swanepoel en Rhyno Smith.
Stormers: Tristan Leyds (heelagter), Edwill van der Merwe (regtervleuel), Ruhan Nel (buitesenter), Cornel Smit (binnesenter), Leolin Zas (linkervleuel), Kade Wolhuter (losskakel), Godlen Masimla (skrumskakel), Juarno Augustus (agtsteman), Ben-Jason Dixon (flank), Marcel Theunissen (flank), Chris van Zyl (kaptein en slot), David Meihuizen (stut), Neethling Fouche (stut), Scarra Ntubeni (haker) en Ali Vermaak (stut). Plaasvervangers: Chad Solomon, Leon Lyons, Sazi Sandi, Johan du Toit, Ernst van Rhyn, Paul de Wet, Abner van Reenen, Mnombo Zwelendaba.
Sy “knie besering” is deur ‘n onwettige tackle veroorsaak.
Dit het Vrystaat heel moontlik hulle plek in die semi’s gekos.
Wat se straf het die tackler gekry?