Pieter-Steph en Siya Kolisi die Bokkapteins

Drie Springbokkapteins: Pieter-Steph du Toit, Rassie Erasmus (nou ook die Bokafrigter) en Siya Kolisi. (Foto Twitter @Springboks)

Dis nie heeltemal onverwags nie, maar die bespiegelinge dat Rassie Erasmus vir Duane Vermeulen as sy Springbokkaptein wou hê, was toe net dit: blote bespiegelinge.

Dis ook nie heeltemal onverwags nie, maar Erasmus het die Stormerskaptein, Siya Kolisi, Maandag aangewys as die man wat die Springbokke in die toetsreeks teen Engeland sal aanvoer.

Kolisi word daarmee die eerste swart speler wat die Bokke in ʼn toets op die veld sal lei. Chiliboy Ralepelle was wel in 2006 onder Jake White in ʼn toerwedstryd teen ʼn Wêreldvyftiental medekaptein saam met sy medehaker, Gary Botha

Kolisi sal die derde opeenvolgende Bokkaptein uit die Wes-Kaap wees. Hy sal volg in die voetstappe van Eben Etzebeth, wat tans beseer is, en Pieter-Steph du Toit.

♦ Du Toit is aangewys as die man wat eerskomende Saterdag in Washington die Springbokke teen Wallis sal aanvoer.  Hy word dus Suid-Afrika se 59ste toetskaptein. (Theo Pienaar word wel deur SA Rugby op die amptelike lys van Bokkapteins aangedui, maar het nooit in ʼn toets gespeel nie. Hy was bloot die toerkaptein op die 1921-toer na Nieu-Seeland toe Boy Morkel in al drie toetse die kaptein was.)

♦  Erasmus het 26 spelers vir die wedstryd in Washington aangewys.

Dit is moeilik om te bepaal wie in die beginspan sal wees, wie nie en watter van die spelers sonder toetsondervinding wel kans sal kry om die Boktrui te dra en ʼn toetsbaadjie te verdien.

Dit is ʼn buitengewoon onervare groep. Dertien van die spelers het nog in geen toetse gespeel nie, en benewens Du Toit (32 toetse), Elton Jantjies (23), Oupa Mohojé (18) Frans Malherbe (17), Jesse Kriel (29) en in ʼn mindere mate Steven Kitshoff (23, meestal as plaasvervanger) wat in meer as tien toetse gespeel het, het die ander twee spelers met toets-dubbelsyfers, Chiliboy Ralepelle en Bongi Mbonambi, merendeels as laat plaasvervangers op die veld gekom. 

Die wedstrydgroep sal Woensdag, net voor die Bokke na die VSA vertrek, aangekondig word.

Die Springbokgroep teen Wallis ‒

Voorspelers
Nizaam Carr, Dan du Preez, Pieter-Steph du Toit (kapt.), Thomas du Toit, Jason Jenkins, Steven Kitshoff, Wilco Louw, Frans Malherbe, Bongi Mbonambi, Oupa Mohojé, Ox Nché, Sikhumbuzo Notshe, Marvin Orie, Chiliboy Ralepelle, Kwagga Smith, Akker van der Merwe.

Agterspelers
Curwin Bosch, André Esterhuizen, Warrick Gelant, Travis Ismaiel, Elton Jantjies, Jesse Kriel, Makazole Mapimpi, Embrose Papier, Ivan van Zyl, Cameron Wright.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Wesley ·

Mooi Siya, mag die Bok kapteinskap jou die vuur gee om te speel soos ons weet jy kan. En Pieter, geluk voorentoe die naweek, al is dit maar net n toets vir die koffers vol maak. Hoop ons diepte word tenminste aangevul

Dawie ·

Meriete?? Kolisi kan nie eers n volle wedstryd vir die treurige stormers speel nie. Rollie jy het laas genoem Alistair was tenagekom en Rassie het n oop boek teenoor SA rugby…Nou kan ons bevestig hy het nie, want as hy sou kon kies, was dit defenitief nie Kolisi nie!!

rollie ·

Absoluut op meriete. Rassie het die voordeel dat hy oorsese spelers kan kies, toetie het nie daai luxury gehad nie. Hopelik het ons nou ‘n kaptein wat nie gedurig beseer is nie.

Dawie ·

Sy swak afwesige spel vir die Stormers is seker dan die rede hoekom hulle vervang as hy nie n besering het nie. Rollie jou meriete is transformasie en my meriete is “Prestasie” en dit Rollie my maat is hoekom ons nie om dieselfde vuur sit nie.

Wesley ·

En wie sou jy kies Dawie? Alhoewel ek stem Siya speel nie sy beste nou nie, ons weet wat hy kan doen. En niemand anders in die groep is tot so leierskap beskik op die oomblik nie. Nou is sy tyd om te wys, maak of breek vir hom nou.

Dawie ·

Wesley…ek stem saam met jou dat hy in 2017 regtig alles gegee het. Ek ken hom nie as persoon nie, maar wat ek sien en hoor is daar baie beter leiers in die groep. Die feit dat hulle hom in al 3 wedstryde sal laat begin weens ander redes, maak dit vir SA rugby net veel makliker. Ek weet regtig nie wie die beginspan gaan wees nie maar leiers in die groep tans wat miskien elke wedstryd gaan speel nie, sou ek beslis na die volgende spelers kyk
– Daune Vermeulen ( Kaptein defenitief maar spel is onvoorspelbaar )
– Handre Pollard ( goeie speler en kaptein maar onervare in Springbok trui)
Dit sal my 2 keuses wees.

Vraagteken ·

Ons almal weet dat die Leeus die sterkste span in SA is, veral wanneer dit kom by aanval. Nou hoekom is daar so min Leeus in die span? Waar is Mostert, Combrink, Janse van Rensburg, en Coetzee?

Ek is jammer maar ek weet nie of Rassie so ‘n goeie keuse vir SA Rugby was nie? Ons almal plaas baie vertoue op hom en tog, sy rekord is nie veel beter as wat AC s’n was nie. Dalk kan iemand my help om dit te verstaan?

Wesley ·

Mostert is daar. Coetzee het nie die pas gemaak laas jaar in die boktrui nie en bosch en gelant speel hom uit op die oomblik. combrink is nog maar bietjie roes en sal nog terugkom. Ek moet stem rohan is ongelukkig want enigeiemand is veeeel beter as damian, maar die groot uitlating dink ek is harold voster. Maar Leeus het tonne bok beserings. Whiteley die defnitiewe kaptein, marx, kriel, skosan, en tot cyle brink sou almal inloop as dit nie beseer was nie. Cronje ook mar is ook net terug van besering. En dit wys in ons spelpeil. Leeus sukkel sonder daai manne.. Van n groot Leeu…

What a joke! ·

Jy weet klaar wat die antwoord op jou vraag is maar laat my toe asb..Rassie is daar om die transformasie base se bevelings te dien! Kwotas en nie meriete is die nuwe era wat hy RSA se rugby wil in invat.Of hy suksesvol gaan wees tweifel ek maar teminste sal die rollies van rugby samelewing in ekstase wees oor die transformasie teikens bereik word ongeag die kwaliteit..hopelik sal hul die stations ook vol hou,..sal maar sien ne…

Sandra ·

Ek wil ook maar net weet hoekom kies Rassie oorsee spelers as hulle gekies het
om daar te gaan speel. Hoekom nie die spelers hier kies wat hulle harte uit speel en
nie eers n kans kry om vir die springbokke te speel nie. Dit is vir my onregverdig. Hulle het gekies om agter geld te gaan aan speel dan moet hulle mos daar bly en nie vir die springbokke gekies word nie. Maar net my mening.

rollie ·

Die Afrikaanse ouens in die span sal nou hul Engels en Xhosa moet opknap. Kolisi praat nie Afrikaans nie. Dalk ‘n goeie ding dat die manne bietjie Xhosa leer, goed vir beter integrasie met hul mede-landgenote. Khosa roeptekens in die lynstane ensovoorts klink vir my na ‘n blink gedagte.

Dawie ·

Rollie ek lief jou kommentaar, dit spreek boek dele van jou as rugby spesialis. Ek stem saam die manne moet vinnig leer om verloor en pakslae in Xhosa te vertaal. Miskien moet Kolisi n boek saam hom veld toe vat om die tekens te onthou

Wesley ·

Daarsy Dawie nou wys jy jou ware kleure. Lag lag en maak grap van verloor en diesmeer Kolisi wil sleg se pleks van goeie kritiek, maar wil ernstig praat oor wie kaptein moet wees ens. Nee wat wou nog lekker gesels oor my mening oor kapteinskap maar thanks, liewer klaar met jou.

Nico ·

Kolisi kaprein. Wel as hy bokkies gaan lei soos hy die briesie van die Kaap lei lag Eddie seker in sy mou. Lei die briesies van een nederlaag na ander en dan die geel kaarte. Met Du Plessis wat weer onregverdig ingesmokkel is is dit ‘n goeue rsep vir geel kaarte. Ja gaan kyk maar net weer na Saterdag se game.

Frans C ·

Waarom Rassie kapteins uit een van die swakste presteerende super 15 -span kies is sy besluit alleen.Net soos wen ‘n gewoonte word ,word verloor ‘n gewoonte.Moet my nie verkeerd verstaan nie dit gaan nie oor die spelers persoonlik nie,beide kan in hul eie reg goeie spelers wees.

Dit is egter moeilik om uit ‘n verloor agtergrond spelers te motiveer as jy dit nie kon regkry in jou eie span omring deur goeie spelers.Gedurig verloor knaag aan spelers se selfvertroue en kan tot twyfel in jou eie vermoëns lei.

Francois Venter is mi een van die beste binne senters wat ons land opgelewer het en het onder baie moeilik omstandighede die Cheetahs tot uitspeel wedstryde in Pro 14 gelei en so mi ‘n beter keuse as beide Stormersspelers wees.

Maar as Rassie die politiek korrekte kaart ingedagte het,is Kolisi nie ‘n slegte keuse nie
en dit is my persoonlike opinie en het niks met rassisme uit te waai nie.

LHS ·

Baie geluk met die BEE aanstelling. Dit voorsien en gesien kom. Deel van SARU se ooreenkoms met Erasmus. Ek hou by my punt, waar en wanneer is die poste wat Erasmus nou vul geadverteer? Baie meer agter hierdie aanstellings van Erasmus as wat dit op die oog af lyk. Jammer maar Koalise is nie eers veronderstel om in die span te wees nie, nie as speler nie.

rollie ·

“Afrikaans must fall” Geen plek meer vir daai taal in die Springbokspan nie. Spelers wat uit hul beurt Afrikaans praat, moet beboet word.

Dawie ·

Lekker nou gelag. Laat jy my dink aan iemand wat uit n studio uitloop as daar nie iets verstandig en sinvol gese kan word nie, net dan word die rasse kaart gebruik!! Dis eintlik tragies en belaglik.

Wesley ·

Haha rollie ek laaik jou. Jy hou dit lekker lig sonder om ernstig te raak tussen in. Respek. Kies een ouens. Maak n grap op debateer. Nie altwee nie

Anoniemiseerder ·

Ek dink die vraag wat niemand vra nie is, wie is gevra om te speel wat nee gesê het…. So vêr ek kan sien het SA Rugby nie meer die geld om regtig ouens te lok van oorsee af nie. Die Rand is te swak. Vryheid van keuse of nie. Ons besef dit dalk nie eers nie, maar ons eerste span is dalk noodgedwonge eintlik ons 6de.

nico k ·

Ek wil kommentaar lewer op die opmerking dat daar te min Leeus in die span is. Die Leeus is dalk ons beste span, maar is vanjaar regtig nie ‘n goeie span nie. En Combrinck se swak verdediging het hom die span gekos.

Debakel ·

Ja Nico, dit is moeilik om te verklaar. As die Stormers 21-9 voorloop en die game verloor:
1) Het die Leeus ‘n goeie span wat die temperament het om wedstryde te wen (kyk na die log)? Indien so, hoekom so min Leeus in die Sprinkbokkeuses?
2) Het die Stormers geen leierskap en dissipline gehad toe dit taai geraak het nie? Indien so, hoekom is Siya kaptein?

Ismaiel en Mapimpi is goeie hardlopers met die bal, maar hulle verdediging is nie veel beter as Combrinck nie.

Vra maar net!

rollie ·

Die lions het net gewen omdat die skeidsregter poker met sy kaarte gespeel het. Die stormers was die beste span op die dag (minder spelers en al).

rollie ·

Combrink, Coetzee en Rohaan het heeltemal vorm verloor, dis geen verrassing dat hulle nie gekies is nie. Ek weet egter nie wat Leyds verkeerd gedoen het om sy plek te verloor nie.

@rollie ·

Siya het heeltemal vorm verloor en hy is die kaptein!

Die lions het gewen omdat die stormers hulle kalmte verloor het en sonder goeie kapteinskap uit die bus geval het. Julle moet maar Rhule se rooi kaart hanteer soos ons Kwagga s’n moes vat in die finaal.

SjN ·

Wat wil Rassie bereik met die voorman aanstelling, hy is n baie goeie vertoonspeler vir die kameras. Het reeds bewys in die Stormer span dat daar nie n kapten kultuur bestaan nie.

Willie ·

Ek is jammer rugby staan my nie meer aan nie, did nou n bespotting.. ek kanie se wanneer laas ek n sent op ruby spandeer het nie… ek koop niks verbonde aan rugby nie…

Josua Keys ·

As ek statistiek hier kan inbring die volgende, waarom het die bokke die afgelope twee jaar gesukkel? Wie het die meeste van die bok span verteenwoordig en wraggies doen Rassie presies dieselfde!!!! Die Crusaders speel tans die beste rugby in die New Zealand groep, watter regdenkende keurder gaan vyf spelers van die die Crusaders kies en die res die ander sukkelende spanne om die All Blacks te verteenwoordig dit sal nooit in New Zealand gebeur nie maar in SA maak ons mos ‘n sirkus van rugby. Gelukkig weet ek tot wat Rassie in staat is en het ek die gevoel gekry dat daar baie agter toe deure bespreek was. Dit het nog nooit in SA se rugby geskiedenis gebeur dat die swakste spanne die bokspan verteenwoordig nie, dink nou terug aan die verlede, as daar bv twee spelers uit die Noord Transvaal, een uit die Westlike provinsie en die res uit OP en Verre Noord Transvaal bestaan het en moontlik een uit Transvaal wat altyd aan die kortste end getrek het omdat hulle op daardie stadium gesukkel het die bokke verteenwoordig het sou ons No 1 in wereld rugby gewees het???? Vir die afgelope drie jaar is die Leeus die beste in SA maar die bokke bly sukkel, HOEKOM!!!!!!! Ai ja jai ja jai, Rassie ek hoop jy word vining wakker anders is jy werkloos teen die einde van die jaar. gee ouens n regverdige kans maar dan moet hulle “at least”uitstaan in die Super Ruby reeks!!!

rollie ·

Omtrent die hele Springbok agterlyn het dan verlede jaar uit lions-spelers bestaan en hulle het klaaglik misluk. Wil jy nou wragtig hê dieselfde useless klomp moet weer speel?

Josua Keys ·

Ek wil ook net noem dat die leeus die afgelope jaar met baie beserings gesukkel het en steeds is hulle tops, speel dalk nie die beste Rugby tans nie en elke wedsrtyd het hulle met n ander span op die veld gegaan en spelers moes inval in posisies waar hulle normaalweg nie speel nie, dit sê net vir my hier is iets groot vout in SA rugby of die keurders het nie ‘n “Clue” hoe moderne rugby gespeel word nie of weet hoe om goeie spelers te ontleed nie, jy kan nie skiels vir ‘n speller leer nie, of hy is daarmee gebore of nie jy kan wel help om dit te verbeter maar dan moet jy eerstens die speller kan raaksien. En hier praat ek nie oor kwotas nie maar in die algemeen van al ons rugby spelers.

25933 ·

Ek stem met die span keuses van Rassie en met die Kaptein aangsien niemand anders in die span regtig as n kaptein beskou kan word nie, ja dalk n Duane maar dan sit ons weer in die selfde boot as Eben waar toe hy kapteinskap oorgevat het, was hy nie meer die Eben wat ons almal ken nie hy het sag geword nie meer so agressief en n Duane wat nie agressief is nie is maar net enige ander no8. Pollard het reeds n groot taak as nr10 en dan nog druk op hom te sit as kaptein dink ek gaan nie werk nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.