Plaaslik of oorsee: Wat is die beste vir Springbokrugby?

Die ou-ou debat het weer opgevlam of alle rugbylande nie maar anderkant toe moet kyk en alle spelers wat oorsee gaan, vir hul spanne moet oorweeg nie.

Bob Dwyer, die oud-Wallabies-afrigter wat in 1991 die Wêreldbeker-toernooi gewen het, het opnuut ʼn pleidooi aan die Australiese Rugbyunie gelewer om sy regulasies te verslap en oorsese spelers ook vir die sukkelende Wallabies te oorweeg.

Tans kwalifiseer oorsese spelers nie wat nie voldoen aan die Australiese vereiste van 60 of meer toetse nie.

Die Wallabies het nie die nodige diepte nie en het nou tot sesde plek op die jongste wêreldranglys afgeskuif.

Hul spanne en spelers presteer ondergemiddeld in die Superreeks en hul afrigting kort vernuwing.

Dwyer noem die voorbeeld van die vurige Wallabies-slot Will Skelton, wat nou een van Saracens se staatmakers is, en ook Kurtley Beale, wie se loopbaan baie baat gevind het toe hy vir London Wasps gespeel het.

Die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, het die Suid-Afrikaanse rugbybase reeds aan die begin van die jaar oortuig dat alle oorsese spelers vir die Bokke oorweeg moet word, selfs dié wat nie aan SA Rugby se vereiste van 30 toets voldoen nie.

Erasmus het voortgegaan en Willie le Roux, Cheslin Kolbe, Faf de Klerk, Vincent Koch en Francois Louw, wat almal in Europa speel, en ook Duane Vermeulen, RG Snyman en Gio Aplon wat in Japan speel, vir die Bokke se jaareindtoer gekies.

En as jy objektief daarna kyk, het hulle almal (benewens Aplon wat glo baie oortuigend die duiksakke vasgehou het!) waarde toegevoeg,

Hul spel en vaardighede hét verbeter sedert hulle oorsee gegaan het.

Erasmus kan ook beslis in die rigting van Jan Serfontein en selfs Frans Steyn kyk wanneer hy sy Wêreldbeker-groep aanwys. Na my mening is albei spelers beter as Damian de Allende.

Hoekom verbeter spelers se vaardighede oorsee?

  • Is dit die invloed van Nieu-Seelandse en ander lande se afrigters?
  • Is dit omdat hulle meer geld verdien?
  • Is dit omdat hulle weekliks teen en saam met ander lande se spelers met ander vaardighede en verskillende wedstrydpatrone speel?
  • Is dit oor ʼn verandering van omgewing en kultuur?
  • Is dit omdat spelers vinnig leer om by ander speeltoestande aan te pas?
  • Is hulle nie in Suid-Afrika in ʼn gemaksone omdat daar oënskynlik nie beter spelers is nie? Of wil hulle ʼn punt bewys, en soos ʼn Kevin Pietersen van ouds tien keer harder werk om tong uit te steek?

Kom ons gebruik die voorbeeld van Fidji, wat Saterdagaand ná nege toetse die eerste keer die Franse bloedneus gegee het.

Die oorgrote meerderheid Fidjiane speel oorsee, omdat daar nie geleenthede in hul eie land is nie. As daar voortgegaan kan word om die beste Fidjiaanse spelers te kies (ek weet nie of die oorsese klubs wat die ponde, euro’s en Australiese en Nieu-Seelandse dollars uithaal, daarmee gediend sal wees om hulle af te gee nie) kan Fidji ʼn nóg groter krag word.

Maar as die beste spelers nie speel nie, sal Fidji nie eens die toptien haal nie.

Só ook sal die Bokke, Wallabies en Poemas ook maar net bly saamdraf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

B-man ·

Ai, Pieter. Ons kan maar net hoop Rassie sien die lig en kry vir Serfontein…

Genieve ·

Ek het my tocks opgehang hoef nou glat nie meer te kies en te keer nie..dankie vader doen julle mense dit maar vir Rassie asb!!

Albert ·

Die storie is al hol rug gery, kom ons kyk wie is nommer een in die wêreld NZ hulle hou by die reel as jy wil speel bly in die land dan sal jy span kry. Ons moet dieselfde doen dan sal ons rugby ontwikkel van krag tot krag, want elke speler sal dan weet ek het n kans. Solank ons die begrafplaas gaan haal om te speel sal ons nerens kom nie. Vergelyk Vermeulen met du Preez dit dag by nag en wat mask ons wat die ou speler wat net net nou en dan by die bal kom. Ons moet n besluit maak wat goed is vir die toekoms van rugby in SA.

penny ·

Die hele land met sy sisteme en als wat afgeforseer word ,is die oorsaak .ons is nou n derde wereld land, so aanvaar dat ons nou so useless gaan wees .
groete

Rinkhals ·

Spot on Penny. Kwotas=BBBEE. Selfde resultate – verval en middelmatigheid wat gesien moet word as briljant anders is ons “raisisst”.

Callie ·

Top spelers verlaat die land oor kwotas. Top spelers speel met trots en wil wen. Die kans om in n wenspan te speel verminder met elke speler wat nie op slegs meriete gekies is nie. Tweedens as jy die beste is in n posisie en jy haal nie die span oor jou kleur nie, wat doen jy dan. Hou op om dinge reg te probeer beredeneer en om kwotas met stories te regverdig. Kies slegs op meriete. Niemand sal dan kla nie en die sport en die span ondersteun. Die Habanas was net so groot held soos Fourie du Preez. Wenspanne lok toeskouers. Spanne wen slegs as die bestes gekies word.

LHS ·

Ek wil eerder sien dat die oorsese spelers begin weier om vir SA te speel alvorens die hele kwota gemors weg is.

What a joke! ·

Ja hul die oorsee se spelers se spel het baie verbeter want hul word nie meer in Suid Afrika afgerig waar daar nie meer veel goeie afrigters is nie..hul is ok oorsee….
Kom kyk na Stick en kom ons kyk na Ackerman…wie sou jy kies om jou span af te rig?
N ou wat nooit eers internasionale rugby gespeel het nie en onbekend is vir my voor hy die eer gekry het om die werfbokke op te neek met sy onkunde in agterlyn afrigting!
Of dan is daar iemand soos Ackerman n man wat rugby ken, hy bloei rugby al van hy n kind is wat jammerlik maar verstaanbaar sy heil oorsee loop soek het sekerlik tog oor die kwota sirkus / politieke inmenging en patetiese rand waarde geskep deur die anc!
Ackerman is wel bevoeg maar nie lus vir die gemors hier in Suid Afrika nie!
Spelers van Suid Afrika vind baie meer baat oorsee,finansieel en met afrigting!Die land het nie meer veel tussen die ore nie jammer! 5de en selfs laer af die wereld ranglys som dit mooi op nes bafana bafana….

nico k ·

Ek glo nie die storie dat oorsese spelers verbeter as hulle oorsee speel nie. Duane Vermeulen en Willie le Roux en al die ander was reeds goed voor hulle oor gegaan het. Soos ek alreeds voorheen gesê het, die probleem wat rugby daarmee het is belaglik. Sokker het nie die probleem nie. Jy kan nie teen geld stry nie. Samoa en Fidji is klein landjies, met min geld. Nou gaan hulle nie hul spelers kies wat oorsee meer geld verdien nie? Belaglik. En ons kan ons nie vergelyk met NZ.

What a joke! ·

Ja Nico omdat die meeste All blacks in vorm tuis bly oor hul redelik goed betaal word en nie met kwotas hoef te kompeteer nie!!! Die ouer NZ garde aan die einde van hul loopbane gaan oorsee om nog so bietjie goed te skep voor hul aftree..Die groot verskil wat jy mis kyk my ou vriend is met Suid Afrika loop die hordes jong talentvolle spelers oorsee wat die span sou maak op meriete maar oorgekyk word oor kwotas en n swak rand geskep deur die Anc!!!!!..Dit is die feite ouboet …geniet jy maar die sirkus en wat jy ookal daarvoor betaal…

Ai Nico... ·

Sokker SA het nie die probleem nie jy is reg …
Want hul het niks en het nog nooit niks gehad om te offer nie!!! Hul is useless!!!
Dink nie oorsee se spanne stel veel belang in banana banana spelers nie maar ek glo jy weet dit seker ne…

Judge Dredd ·

Sterk Euro VS Rand = van ons beste spelers speel oorsee.
Kwota sisteem = van ons beste spelers speel oorsee.
Kies nie oorsese spelers = van ons beste spelers word nie gekies.

Dit geld nie net vir spelers maar natuurlik ook vir afrigters.

Miskien moet hulle ‘n kompromie oorweeg.
Spelers wat in hul 20’s is sal slegs oorweeg word as hul in SA speel.
Spelers van 30+ sal toegelaat word om oorsee te speel en nog steeds verkiesbaar wees.
Daar is ‘n paar voordele hieraan verbonde:
Spelers in 30’s kry kans om vir ‘n paar jaar nog goeie geld te verdien. Dit kan moontlik beteken dat minder spelers in hul 20’s al oorsee gaan.
Springbokspan kan beste spelers en ervaring behou.
Ouer spelers wat oorsee gaan maak plek dat nuwelinge in curriebeker/ superrugby inkom.

Frans C ·

Beroepsrugby is net dit.Netso min jy ‘npersoon kan dwing waar hy sy beroep/werk mag beoefen,netso onsinnig is dit om aan rugbyspelers voor te skryf waar hul mag speel en nie speel nie.

As jy wil wen moet jy net eenvoudig die beste spelers kies ongeag waar hul speel.In Suid Afrika verskuif spelers gedurig agter beter voordele en speel geleenthede aan.Suid Afrikaanse rugbyondersteuners hou hul in die opsig,volgens my ‘n bietjie skynheilig.

Almal wil ‘n wenspan ondersteun ongeag waar vandaan die spelers kom,solank die span net wen.Geen Bloubul gaan mor en kla omdat oud Vrystater,oud WP/Stormer Duane Vermeulen eersdaag die Bullstrou oor sy kop gaan trek.Solank die Bulls wen is die wêreld reg.

So wat is verkeerd om oorseese spelers vir die Bokspan in te span.As hulle help om die wêreldbeker te wen gaan niemand kla nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.