Poemas glo hulle kan nou die All Blacks klop

uarSaterdag se oorwinning in Salta oor Suid-Afrika in die Rugbykampioenskap laat die Argentyne glo hulle kan die All Blacks klop.

Die koerant La Nacion (Buenos Aires) sê die Poemas se nuwe selfvertroue maak dit nie `n onmoontlike kordaatstuk nie.

Die sege oor die Bokke vestig Argentinië ondubbelsinnig as een vandie kragte in wêreldrugby, sê die blad.

Ná vyf jaar in die Rugbykampioenskap is daar nie meer tywfel oor die Poemas se mededingendheid nie. Hulle wen gereeld.

Nou moet hulle nog net die All Blacks klop.

Die blad sê die afgelope wegholoorwinnings oor die Wallabies toon dat die verlies aan Richie McCaw, Dan Carter, Ma’a Nonu, Conrad Smith en Sonny Bill Williams g’n duikie in die All Blacks se mondering laat nie.

In 26 wedstryde dusver kon die Poemas slegs een keer (1985) gelykop teen die All Blacks speel. Hulle het 25 keer slae gekry.

Die Poemas se vertoning teen die All Blacks in die afgelope Wêreldbeker-toernooi laat hulle egter verder moed skep. Hulle moet net `n slag 80 minute pleks van 60 rugby speel.

In die Wembley-stadion was hulle 24 minute voor die einde 16-12 voor, toe veg die All Blacks terug en wen 26-16.

La Nacion sê die feit dat hulle Saterdag se wedstryd in die laaste paar minute beklink het, toon dat hulle enduit kan volhou.

Die moontlikheid van `n historiese eerste sege teen die Wêreldkampioen lyk al hoe moontliker, sê die blad.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Knersus D ·

LMGA! Ek dink nie so nie. Nie eers vir al die yerba mate in Argentiniee nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.