Poemas het die momentum en selfvertroue, All Blacks die gehalte

Momentum en selfvertroue was nog altyd twee belangrike bestanddele vir sukses in sport, en dit is twee goed wat Argentinië wél het voor Sondagoggend (00:40 SA tyd) se Rugbykampioenskap-kragmeting teen die All Blacks in Buenos Aires.

Hulle het in hul laaste drie wedstryde met die Wallabies en die Springbokke afgereken, Nieu-Seeland onder druk gehad maar darem nooit gedreig om te wen nie, en het tot dusver hul beste Rugbykampioenskap agter die rug.

Daar is egter ander belangrike faktore ook, soos gehalte, temperament en geskiedenis, wat belangrik in mededinging is.

Dít is weer aan die All Blacks se kant, saam met die vasberadenheid om te vergoed vir die onverwagte neerlaag teen die Springbokke.

Dit sal vir rugby as spel goed wees as die amper 50 000 toeskouers in die Jose Amalfitani-stadion in Buenos Aires hulle span tot ʼn sege kan aanspoor. Dit sal die effense vertwyfeling ná die Bok-neerlaag vir die All Blacks moontlik (hopelik!) vergroot, moontlik ʼn bietjie ondeurdagte spankeuses tot gevolg hê en die ander voorste spanne in die wêreld laat glo hulle het wel  ʼn kans die Wêreldbeker-toernooi oor ʼn jaar in Japan te wen.

Is dit moontlik dat die Poemas kan wen? Natuurlik.

Is dit waarskynlik? Nee!

Selfs sonder ʼn paar staatmakers, insluitende hul kaptein Kieran Read, en met die vooraf gestelde aankondiging van die All Blacks-afrigter Steven Hansen dat hy besig is om spelers met die oog op die Wêreldbeker-toernooi te weeg, en ook ondanks die verbetering in Argentynse rugby en hulle toeskouers se fanatiese ondersteuner, behoort Nieu-Seeland te wen en daarmee nóg ʼn Rugbykampioenskap te wen.

♦  Uit die Springbokke se oogpunt bly die kragmeting in Argentinië nietemin ʼn belangrike wedstryd. Nuwe gesigte in die Nieu-Seelandse span, voortgesette groei by die Poemas en die moontlikheid om teenvoeters dáárvoor te identifiseer en daarvoor te begin beplan ‒ vir eers net vir volgende week op Loftus, dan met die oog op die toekoms ‒ gee aan hierdie die wedstryd nuwe aansien.

Die spanne ‒

Argentinië
15 Emiliano Boffelli, 14 Bautista Delguy, 13 Jeronimo de la Fuente, 12 Bautista Ezcurra, 11 Matias Moroni, 10 Nicolás Sánchez, 9 Gonzalo Bertranou, 8 Javier Ortega Desio, 7 Marcos Kremer, 6 Pablo Matera, 5 Tomas Lavanini, 4 Guido Petti, 3 Ramiro Herrera, 2 Agustin Creevy (kaptein), 1 Nahuel Tetaz Chaparro. Bank: 16 Julian Montoya, 17 Juan Pablo Zeiss, 18 Santiago Medrano, 19 Matias Alemanno, 20 Juan Manuel Leguizamon, 21 Tomas Cubelli, 22 Matias Orlando, 23 Sebastian Cancelliere.

Nieu-Seeland
Ben Smith, Waisake Naholo, Ryan Crotty, Sonny Bill Williams, Rieko Ioane, Beauden Barrett, TJ Perenara, Luke Whitelock, Sam Cane, Shannon Frizell, Scott Barrett, Sam Whitelock (kaptein), Ofa Tu’ungafasi, Codie Taylor, Karl Tu’inukuafe. Bank: Nathan Harris, Tim Perry, Angus Ta’avao, Patrick Tuipulotu, Ardie Savea, Aaron Smith, Richie Mo’unga, Anton Lienert-Brown.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.