Poemas kan Wallabies verder afknou

Michael Cheika – beleer. (Foto: Twitter)

Wanneer ʼn rugbyspan in die laaste loopgraaf lê, kies `ʼn mens jou beste span om jou daaruit te kry.

Dis hoekom dit effe vreemd voorkom dat die beleërde Wallabies-afrigter, Michael Cheika, net een verandering aan sy span (wat verlede week in Port Elizabeth teen die Springbokke vasgeval het) vir Saterdagaand (SA tyd) se toetswedstryd in die Rugbykampioenskap teen Argentinië in Salta, aangebring het.

Dit is tweërlei van aard. Óf Cheika is bereid om die houe te bly verduur óf daar is nie beter spelers in Australië nie.

Cheika se proefneming met Kurtley Beale op losskakel het nie teen die Bokke geslaag nie, en hy het hom terug na binnesenter geskuif, en weer die nr. 10-trui aan Bernard Foley toevertrou.

Geen fout daarmee nie, net dat hy sy straks sy bestendigste agterspeler, Matt Toomua, die trekpas gegee het om vir Beale plek te maak.

Die Wallabies is op die afdraande pad, hulle gly al hoe verder, en het vanjaar net twee van hul agt toetswedstryde gewen.

Hulle is sewende op die wêreldranglys en laaste op die Rugbykampioenskap se puntelys.

Die Aussies het laas in 1979, toe Tony Shaw (die huidige president van die Australiese Rugbyunie) die kaptein was, só swak op die aanval vertoon.

Hulle het tot dusver in agt toetswedstryde vanjaar net 134 punte aangeteken vir ʼn gemiddeld van slegs 16.75 per wedstryd.

♦ Die Poemas-afrigter, Mario Ledesma, het ook net een verandering aan die span gebring wat verlede week in Buenos Aires teen die All Blacks verloor het.

Die vlugvoetige Matias Moroni vervang die beseerde Bautista Delguy. Dan kry Santiago Gonzales en Santiago Bottas kans op die bank in die plekke van Orlando en Juan Pablo Zeiss.

Die Poemas het die Wallabies in Goudkus verslaan, hulle het ook die Bokke se koppe in Mendoza geëis.

Geen fout daarmee nie, net dat hy straks sy bestendigste agterspeler, Matt Toomua, die trekpas gegee het om vir Beale plek te maak

Hou hulle maar dop, die Wallabies se koppe kan wéér rol.

Die spanne –

Argentinië

15. Emiliano Boffelli, 14. Matias Moroni, 13. Matias Orlando, 12. Jeronimo de la Fuente, 11. Ramiro Moyano, 10. Nicolas Sanchez, 9. Gonzalo Bertranou, 8. Javier Ortega Desio, 7. Marcos Kremer, 6. Pablo Matera, 5. Tomas Lavanini, 4. Guido Petti, 3. Ramiro Herrera, 2. Agustin Creevy (kaptein), 1. Nahuel Tetaz Chaparro. Bank: 16. Julian Montoya, 17. Santiago Garcia Botta, 18. Santiago Medrano, 19. Matias Alemanno, 20. Juan Manuel Leguizamon, 21. Tomas Cubelli, 22. Santiago González Iglesias, 23. Sebastián Cancelliere.

Australië

15. Dane Haylett-Petty, 14. Israel Folau, 13. Reece Hodge, 12. Kurtley Beale, 11. Marika Koroibete, 10. Bernard Foley, 9. Will Genia, 8. David Pocock, 7. Michael Hooper (kaptein), 6. Ned Hanigan, 5. Adam Coleman, 4. Izack Rodda, 3. Taniela Tupou, 2. Folau Fainga’a, 1. Scott Sio. Bank (uit): Tolu Latu, Sekope Kepu, Allan Alaalatoa, Rob Simmons, Rory Arnold, Caleb Timu, Nick Phipps, Matt Toomua, Tom Banks.

Skeidsregter: Jaco Peyer (SA).

Assistent-skeidsregters: Matthieu Raynal (Frankryk), Marius van der Westhuizen (SA).

TV-skeidsregter: David Grashoff (Engeland).

Afskop: 23:40.

Verwagte weer: Mooiweer en warm.

Voorspelling: Poemas met 6 punte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.