Poemas op soek na eerste sege

Australia-rugby-players-c-006[1]‘n Eerste sege in die Rugbykampioenskap is hoog op die Poemas se agenda en hulle kry Saterdag die kans om dit teen die Wallabies te vermag.

Sedert hul toetrede het hulle al tuis teen die Bokke gelykop gespeel en weg met net een punt teen die Wallabies verloor.

Die Argentyne se sterkpunt is natuurlik hul skrum, soos hulle twee keer teen die Bokke bewys het. Juis om hierdie rede het Ewen McKenzie besluit om sy sterk en mees ervare haker, Tatafu Polota-Nau, onder die voorspelers in te sluit.

Die Poemas is vanjaar beter voorberei, fikser en beskik oor meer diepte en dalk net genoeg skietgoed vir hul eerste sege.

Die spanne is:

Australië: 15 Israel Folau, 14 Peter Betham, 13 Tevita Kuridrani, 12 Matt Toomua, 11 Rob Horne, 10 Bernard Foley, 9 Nick Phipps, 8 Ben McCalman, 7 Michael Hooper (k), 6 Scott Fardy, 5 Rob Simmons, 4 Sam Carter, 3 Sekope Kepu, 2 Tatafu Polota-Nau, 1 James Slipper.
Bank: 16 James Hanson, 17 Pek Cowan, 18 Ben Alexander, 19 James Horwill, 20 Scott Higginbotham, 21 Matt Hodgson, 22 Nic White, 23 Kurtley Beale.

Argentinë: 15 Joaquin Tuculet, 14 Juan Imhoff, 13 Marcelo Bosch, 12 Juan Martin Hernández, 11 Manuel Montero, 10 Nicolas Sanchez, 9 Martin Landajo, 8 Leonardo Senatore, 7 Juan Manuel Leguizamon, 6 Juan Martin Fernandez Lobbe, 5 Matias Alemanno, 4 Mariano Galarza, 3 Ramiro Herrera, 2 Agustín Creevy (k), 1 Marcos Ayerza.
Bank: 16 Matias Cortese, 17 Bruno Postiglioni, 18 Nahuel Tetaz Chaparro, 19 Benjamin Macome, 20 Rodrigo Baez, 21 Tomas Cubelli, 22 Jerónimo De la Fuente, 23 Lucas Gonzalez Amorosino.

Afskop 12:00 in die Cbus-stadion, Goue Kus

Skeidsregter: Glen Jackson (Nieu-Seeland)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.