Poemas se droom lyk nie haalbaar

Hulle besef dit is eintlik ʼn onbereikbare droom, maar by die Poemas is daar nietemin die wete dat hulle die heel eerste keer in ʼn posisie is om die Rugbykampioenskap te wen.

Terselfdertyd is die All Blacks onder ʼn onbekende soort druk in Buenos Aires, waar hulle Saterdag teen die Argentyne speel. Die redelike “aggressiewe” algemene staking in Buenos Aires het die All Blacks tot dusver daarvan weerhou om almal saam met die spanbus na hul oefeninge te ry.

Hulle ry in kleiner voertuie wat ontwrigtend is, onder meer, deur meer sekuriteitsmense wat benodig word vir meer voertuie.

Daar is selfs al oorweging daaraan gegee om Dinsdag se oefening af te stel en eerder op die rusdag, Woensdag, te oefen.

Met Donderdag wat twee taai oefensessies insluit en deur die All Blacks as die belangrikste dag vir voorbereiding beskou word, is daar egter teen die verandering in hul skedule besluit.

♦ Daar sal natuurlik ʼn spul haas ondenkbare uitslae moet wees vir die Poemas om hul onwaarskynlike droom te verwesenlik. En die toeskouers se verwagtinge spruit uit die twee oorwinnings, die Poemas se meeste tot dusver in die Rugbykampioenskap, wat behaal is teen ʼn Springbokspan wat dié dag moontlik hul swakste vertoning van die jaar gelewer het en teen die ewe vrot Wallabies.

Die Poemas sal die All Blacks Saterdag moet klop en die week daarna ook teen die Wallabies moet wen ‒ en op daardie dag boonop hul hoop op Suid-Afrika plaas om die All Blacks wéér te klop.

Kan dit gedoen word? Onwaarskynlik, maar tog moontlik ‒ veral ná die All Blacks die afgelope tien dae soek na antwoorde oor hoekom hulle deur die Bokke geklop is.

Die All Blacks het tans 16 punte, die Springbokke 10, die Poemas agt en die Wallabies vyf. Dus, om die reeks te wen (in ag genome die yslike batige punteverskil van Nieu-Seeland en twee waarskynlike bonuspunte, selfs al verloor die All Blacks twee wedstryde), sal Argentinië nege ligapunte moet byvoeg.

Dan is daar natuurlik ook die realiteit dat Nieu-Seeland drie keer ná mekaar sal moet verloor om die Argentynse droom lewendig te hou – die tweede keer teen die Bokke ná die vorige wedstryd en dan ook teen die Poemas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sê Wie ·

Japan het die Bokke gewen….
Die Poemas mag dit net regkry om die All Blacks te wen….
Al is dit net eenkeer in n leef tyd !!

nico k ·

Ek dink NZ sal die reeks wen. Hulle is net bietjie bo die res. Maar Argentinië kan ‘n 2de plek behaal wat reeds ‘n groot prestasie vir hulle sal wees. Maar ek glo SA sal die 2de plek haal. Met Aussies heel laaste.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.