Poemas se All Blacks-droom lyk onwaarskynlik

argentina-logo-platNou vir die volle 80 minute, sal die Argentynse Poemas hulle voorneem voordat hulle Saterdagaand in die voorlaaste ronde van die Rugbykampioenskap in Buenos Aires teen die All Blacks speel.

In Hamilton ʼn maand gelede het die Poemas hou vir hou saam met die All Blacks gesels en hulle ʼn hele paar ernstige vrae gevra.

Dit was nie ʼn Nieu-Seelandse span op sy beste nie. In elk geval nie tot daardie laaste halfuur wat aan hulle ʼn oorwinning van 57-22 besorg het nie. Agt drieë teen een vertel die volle storie. En die poemas se droom is steeds `n droom.

Die All Blacks het vier van hulle spelers vir die Poemaswedstryd ruskans gegee en op die bank ook veranderinge aangebring. Steve Hansen wil bepaal wat sy diepte is. (Allister Coetzee seker ook. Maar dit word, om dit liggies te stel, nie planmatig gedoen nie. En van ‘plan’ gepraat, ook nie in ooreenstemming met ʼn wedstrydplan, as daar so iets is nie.)

Die All Blacks, nou op 15 opeenvolgende seges, moet teen die Poemas, Suid-Afrika en dan die Wallabies in hulle derde Bledisloewedstryd wen om die rekord van 18 opeenvolgende toetsseges seges daar te stel. Hulle deel die rekord van 17 orwinnings met die Springbokke.

Selfs met die heelwat nuwe gesigte in Nieu-Seeland se 23-tal, sal die Poemas nie sommer die rekordpoging en gehalte van die All Blacks kan stuit nie.

Saterdagaand 23:40 SA tyd sal hulle moet bewys hulle kan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.