Poemas se speelstyl, agterlyn kwel Wallabies

rugbychampionship (Foto sanzaar)Die Wallaby-afrigter Michael Cheika verwag ʼn taai stryd teen die Poemas in Saterdag se Wêreldkampioenskap-toets en meen dit gaan die Argentyne se agterlyn wees wat sy span probleme sal besorg.

Die wedstryd in Perth gaan in vele opsigte interessant wees. Die oud-Poema Mario Ledesma is nou die Wallabies se skrumafrigter, maar hy sê hy kan weinig buite skrumverband vir die Wallabies bydra omdat die Argentyne nou soveel anders speel.

Dit is juis hierdie nuwe speelstyl wat Cheika onrustig stem Hy het gesien hoe die Poemas, in die eerste 50 minute toe hulle nog geglo het hulle kan die All Blacks klop, die bal in  die duikslag aan die lewe kon hou.

En dit, glo die kenners, is wat ʼn goeie span van ʼn middelmatige onderskei.

Die Poemas het in 1983 die enigste van hulle 12 wedstryde teen die Wallabies in Australië gewen. Dit is egter niksseggend. Augustin Creevy, die vurige haker en uitstekende kaptein, het dit by sy span ingeprent dat hulle teen enige ander span  kan wen, en dit sal Saterdag baie moontlik werklikheid word.

Argentinië het as toetsland heelwat gegroei. Hulle uitkyk op die spel het verander, hulle glo in hulself en het boonop heelwat geleer uit die volgehoue sterker teenstand wat hulle in die Rugbykampioenskap ondervind.

Australië se laaste drie tuiswedstryde teen Argentinië (2012-’14) is nie een met meer as sewe punte gewen nie. Die verlede tel miskien nie, maar dit mag vir die Poemas selfvertroue bring – en dít kan die Aussies kelder.

Spanne –

Australië
15 Israel Folau, 14 Dane Haylett-Petty, 13 Samu Kerevi, 12 Bernard Foley, 11 Reece Hodge, 10 Quade Cooper, 9 Will Genia, 8 David Pocock, 7 Michael Hooper, 6 Dean Mumm, 5 Adam Coleman, 4 Rob Simmons, 3 Sekope Kepu, 2 Stephen Moore (kapt.), 1 Scott Sio. Bank: 16 Tatafu Polota-Nau, 17 James Slipper, 18 Tom Robertson, 19 Rory Arnold, 20 Lopeti Timani, 21 Sean McMahon, 22 Nick Phipps, 23 Tevita Kuridrani
Argentinië
15 Joaquín Tuculet, 14 Santiago Cordero, 13 Matías Moroni, 12 Santiago González Iglesias, 11 Lucas González Amorosino, 10 Nicolás Sánchez, 9 Tomás Cubelli, 8 Facundo Isa, 7 Juan Manuel Leguizamon, 6 Pablo Matera, 5 Matías Alemanno, 4 Javier Ortega Desio, 3 Ramiro Herrera, 2 Agustín Creevy (kapt.), 1 Nahuel Tetaz Chaparro. Bank: 16 Julian Montoya, 17 Lucas Noguera, 18 Enrique Pieretto, 19 Marcos Kremer, 20 Leonardo Senatore, 21 Martín Landajo, 22 Gabriel Ascarate, 23 Matías Orlando

Afskop: 12:05

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.