Poemas snoei óók in week van verandering

Dit was ʼn week van verandering met die aankondiging van die vier spanne vir Saterdag se twee Rugbykampioenskap-toetse.

Suid-Afrika het ses veranderinge plus ʼn posisionele skuif en die Wallabies vyf, waarvan  twee posisioneel is, aangebring vir hul kragmeting Saterdag (12:00) in Brisbane; die All Blacks het agt veranderinge aan hul beginspan gemaak en die Poemas vier vir dié twee spanne se kragmeting op Nelson (afskop 09:35).

Die Poemas se vier veranderinge aan die span wat die Springbokke verlede week geklop het, is Garcia Botta wat nou op vaskop sal sak nadat Juan Figallo terug Saracens toe is; Jeronimo de la Fuenta wat vir Bautista Ezcurra op senter vervang; die skrumskakel Martin Landajo wat sy eerste kans in vanjaar se Rugbykampioenskap kry; en Tomas Lezana wat in die flank Pablo Matera se plek sal uitdraf.

Die Poemas se span ‒

15 Emiliano Boffelli, 14 Bautista Delguy, 13 Matias Moroni, 12 Jeronimo de la Fuente, 11 Ramiro Moyano, 10 Nicolas Sanchez, 9 Martin Landajo, 8 Javier Ortega Desio, 7 Marcos Kremer, 6 Tomas Lezana, 5 Tomas Lavanini, 4 Guido Petti,  3 Chaparro Tetaz, 2 Agustin Creevy (kaptein), 1 Garcia Botta. Bank: 16 Julian Montoya, 17 Juan Pablo Zeiss, 18 Gaston Cortez, 19 Matias Alemanno, 20 Pablo Matera, 21 Tomas Cubelli, 22 Bautista Ezcurra, 23 Juan Cruz Mallia.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.