Poemas verander elf aan beginspan

Die veargentina-logo-newteraan-losskakel van die Poemas, Juan Martin Hernandez, kry Saterdag in Durban sy eerste kans in vanjaar se Rugbykampioenskap.

Hy vervang Nicolas Sanchez wat dié keer nie eers in die wedstryd-23 is nie.

Die Argentynse afrigter Daniel Hourcae het 11 veranderinge aan die beginspan gemaak. Die vleuel Juan Imhoff is die enigste van die beginagterlyn wat behou is van die span wat teen die Wallabies verloor het.

Die span –
15 Joaquin Tuculet, 14 Horacio Agulla, 13 Marcelo Bosch, 12 Jeronimo de la Fuente, 11 Juan Imhoff, 10 Juan Martin Hernandez, 9 Tomas Cubelli, 8 Leonardo Senatore, 7 Juan Manuel Leguizamon, 6 Pablo Matera, 5 Tomas Lavanini, 4 Guido Petti, 3 Nahuel Tetaz Chaparro, 2 Agustin Creevy (c), 1 Marcos Ayerza. Bank: 16 Julian Montoya, 17 Lucas Noguera, 18 Matias Diaz, 19 Matias Alemanno, 20 Tomas Lezana, 21 Martin Landajo, 22 Santiago Gonzalez Iglesias, 23 Lucas Amorosino.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Nico K ·

Dis duidelik dat Argentinië ook besig is om te eksperimenteer. ‘n Oorwinning deur die Springbokke gaan dus nie te veel sê nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.