Die veteraan-losskakel van die Poemas, Juan Martin Hernandez, kry Saterdag in Durban sy eerste kans in vanjaar se Rugbykampioenskap.
Hy vervang Nicolas Sanchez wat dié keer nie eers in die wedstryd-23 is nie.
Die Argentynse afrigter Daniel Hourcae het 11 veranderinge aan die beginspan gemaak. Die vleuel Juan Imhoff is die enigste van die beginagterlyn wat behou is van die span wat teen die Wallabies verloor het.
Die span –
15 Joaquin Tuculet, 14 Horacio Agulla, 13 Marcelo Bosch, 12 Jeronimo de la Fuente, 11 Juan Imhoff, 10 Juan Martin Hernandez, 9 Tomas Cubelli, 8 Leonardo Senatore, 7 Juan Manuel Leguizamon, 6 Pablo Matera, 5 Tomas Lavanini, 4 Guido Petti, 3 Nahuel Tetaz Chaparro, 2 Agustin Creevy (c), 1 Marcos Ayerza. Bank: 16 Julian Montoya, 17 Lucas Noguera, 18 Matias Diaz, 19 Matias Alemanno, 20 Tomas Lezana, 21 Martin Landajo, 22 Santiago Gonzalez Iglesias, 23 Lucas Amorosino.
Dis duidelik dat Argentinië ook besig is om te eksperimenteer. ‘n Oorwinning deur die Springbokke gaan dus nie te veel sê nie.