Politiek en Altrad kan Lions Ackermann kos

Johan Ackemann voor `n wedstryd (Foto lionsrugby.co.za)

Politiek en die dik-dik beurs van die Siriër Mohed Altrad kan die deurslag gee in die Lions-afrigter, Johann Ackermann, se besluit om ʼn aanbod te aanvaar om in Engeland af te rig.

Die vraag ontstaan voorts of hy sy vertroude luitenante Swys de Bruin en JP Ferreira sal saamneem as hy besluit om die skuif te maak om die hoofafrigter van die Engelse Premierligaklub Gloucester te word.

Dit sal ook nie vreemd opval as hy boonop ʼn paar van die Lions se uitblinkers saam met hom neem nie.

Twee sake waaraan Ackermann gewis deeglike oorweging sal skenk, is hoe lank hy nog die politieke inmenging met spankeuse op meriete in Suid-Afrika kan verduur, en dan in watter mate die rugsteun van die skatryk Altrad hom kan bystaan om Gloucester se glorie van tien jaar gelede te herwin toe hy twee keer opeenvolgens die Premierliga gewen het.

Altrad, die eienaar van Montpellier in die Franse Top14-liga, is goed op pad om die meerderheidsaandeel in Gloucester te bekom.

Sy persoonlike fortuin word deur die tydskrif Forbes op sowat R22 miljard gestel, en dis welbekend dat hy nie huiwer om sy hand diep in sy sak te steek om Montpellier ʼn krag in Franse rugby te maak nie.

Nuwe uitdagings bied altyd ʼn geelwortel aan afrigters, en `n Altrad-Ackermann-vennootskap by Gloucester lyk nogal na iets wat goeie vrug kan dra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Jakes ·

Dink nie hy sal Swys Joubert saamvat. Kans is wel goed dat hy Swys de Bruyn sal saamvat.

MANIE ·

Met die politiek en kwotas sou ek al lankal geloop het as ek hy was. Ek kan nie verstaan hoe ons toegelaat word om spankeuses met gedwonge kleur te maak maar die internasionale rygby en krieket boikot ons nie soos vroeer. Lyk my daar is niks verkeerd as n swartregering dit doen

Fanie ·

Welke swartspelers is kwotas in enige een van ons superrugbyspanne of die Springbokspan? Hulle is ALMAL op meriete daar.

Kwota ·

Jy is seker nie ernstig nie…. Daar is heelwat kwotas in SA se Super rugby spanne, met Mnisi wat beseer is, is die Leeus omtrent die enigste span sonder kwotas… Die Sharks het vir Am, die Cheetahs vir Mohoje, die Bulls het vir Paige, die Stormers het vir Coleman en selfs Mbonambi en die Kings is ‘n kwota span… Die feit bly staan, terwyl daar ‘n kwota sisteem is, kan niemand verseker se wie is ‘n kwota en wie is daar op meriete nie.

Fanie ·

Al daai spelers wat jy daar noem is op meriete in hul superrugbygroepe. Bietjie onregverdig dat jy Coleman noem want hy is nie ‘n eerste keuse speler nie (Du Preez en Du Plessis) is by die Stormers en kom Coleman net nou in aanmerking agv beserings. Al die ander wat jy genoem het is eerste keuse spelers (of in die groep) OP MERIETE. Ek daag jou uit om die spelers op te noem wie jy dink daardie spanne moet verteenwoordig in plek van die genoemde spelers. Jy kan nie.

Speedguard ·

Johan, jy het ‘n goeie naam vir jouself gemaak, hulle het jou al geteiken jare terug toe jy in die SAP was, gaan my maat , gaan maak geld, dink aan julle toekoms want hier is niks ,nada ! Ek wens jou alle voorsped toe! Hier gaan hul jou talent vertrap !!!!

Josua Keys ·

Wat die mense nie verstaan nie is dat Johan geensin n problem het om andeskleuriges in die Leeu span op te neem nie hy het al vir die afgelope 6jaar dit bewys het, die verskil is wanneer hy wel iemand gebruik en daardie persoon bring nie sy kant op die dag nie vervang hy daardie persoon met iemand anders en dit is waarom die Leeus so goed doen enige anderkleurige speler is welkom om sy kans te gaan vat maar sal van onderaf sy kant moet bring as hy in die top span wil bly nie omdat sy velkleur reg is nie, Skossaan, Jantjies en die ander wat al daar was verdien om daar te wees. Johan is nie daar om sy sak te vul soos ons regering nie hy stel sy span, mede afrigters sy bond(Leeus), en die ander mense wat geld in die bond belê het eerste asook die ondersteuners want op die manier eet almal saam LETTERLIK aan die gebakte koek en daar bly nog oor om uit te deel. As ons regering net sy en sy span se voorbeeld kan volg hoe goed gaan ons ekonomie dan nie net lyk nie. En die Springbok sal weer pronk en Bafana Bafana sal weer n Wereld gehalte span word.

Chris ·

Page is kwota speler, daar is ‘n jong van Zyl (junior bokkie) by bulle wat baie beter as Page is. Kwotas begin al by laerskole met alle sport…..

Fanie ·

Twak. Jy noem nou iemand wat homself nog nie eers op seniorvlak bevind nie. Page het ‘n bietjie vorm verloor en nou is hy skielik ‘n kwota. Wat van die witspelers wat vorm verloor en steeds gekies word, is hulle ook kwotas?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.