Politiek stroop die Kaap leeg

Gert Smal - hoe lank gaan hy uithou (Foto: bbc.co.uk)

Gert Smal – hoe lank gaan hy uithou? (Foto: bbc.co.uk)

Die Kaapse politiek is van die redes waarom twee afrigters die pad gevat het en ook die hoofrede waarom `n baie senior speler in Frankryk gaan speel.

Dit is deur `n uiters betroubare bron bevestig, ook dat die senior speler gesê het hy is behoorlik gatvol vir die politiek in die Kaap. Die speler – sy naam is aan Pale Toe! bekend – het hom baie sterker uitgedruk. Hy het besluit om sy rugby oorsee voort te sit nadat hy ook aanbiedinge van ander Suid-Afrikaanse unies gehad en `n groot bedrag geld deur die WP aangebied was.

Allister Coetzee het in sy afskeidstoespraak sy woorde baie versigtig gekies en tussen die lyne laat blyk dat politieke inmenging `n groot rol in Kaapse rugby speel.

Hy het onder meer verwys na die span se klein spelers in die agterste driehoek. Politiek was ook die redes vir die vroeëre vertrek van Nick Mallett en Rassie Erasmus en speel na alle waarskynlikheid ook `n rol in Matthew Proudfoot se pas aangekondigde verhuising na Japan.

Politiek moet ook een van die redes wees waarom geen afrigter in `n pos by die Stormers belang stel nie. Dit lyk in hierdie stadium of die mantel sal val op John Dobson, wat die WP se Curriebekerspan sal afrig, hoewel die naam van Dawie Snyman ook genoem word.

Daar hang nog vrae waarom Duane Vermeulen vir die Australasiese toer gekies is. Hy is vir die eerste wedstryd “gerus”, het een gespeel en daarna teruggekeer. `n Mens moet jou eie raaiskoot maak oor hoe lank Gert Smal, hoof -uitvoerende beampte, nog vir sy pos gaan kans sien.

Dit mag ook een van die redes wees vir Demetri Catrakilis se vertrek. Hy was maar een van die spelers wat week na week in die Kaap se Engelse koerante deurgeloop het onder mense wat van mening was dat Kurt Coleman op water kan loop.

Die WP het 92 klubs waarvan net ses tradisionele “wit” klubs is. Inmenging in die Stormers se wedstrydplanne, die samestelling van spanne en die franchise se administrasie is geen geheim nie. Dit is ook bekend dat Allister Coetzee se beginspan by geleentheid nie deur Thelo Wakefield, die WP-president, goedgekeur is nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
André

Dinge is al baie lank nie pluis in Wp rugby nie.

Hansie

Dis om van te braak hoeveel manne ons verloor agv politiek.

Anton

Politiek hoort glad nie in sport nie, veral nie rugby wat almal se gunsteling sport is nie. Theo Wakefield en sy makkers moet die Kaap verlaat en sommer gou ook. Ons rugby gaan nog swaar jare beleef noudat politiek ‘n rol speel. Ek glo nie een afrigter stel belang om Stormers afterig as ‘n span vir hom gekies word deur mense wat op die komitee dien nie, dis so verkeerd. Dis hoekom WP nooit erens sal kom en al hoe meer spelers beter weivelde soek. Mense raak keelvol vir wat in sport aangaan deesdae, ons gaan talle goeie talent verloor… Lees meer »

ashley

rugby raak nu sirkes vat politiek weg vn sport ds die groot kopseer ANC moet meer konsentreer om land te verbeter waar ons nu bevind met groot probleme..kk oorsee se sport geen politiek by sport …..S.A sport lyk nu soos klomp nare nes ANC

Pierre

ons kan nie spelers nie verkwalik as hulle groener weivelde gaan soek nie. Maar ons kan ons self verkwalik as ons die politiek net aanvaar. So versoek ek elke ondersteuner om n e-possie aan die unie te stuur en jou misnoee uit te spreek.