Politiek stroop die Kaap leeg

Gert Smal - hoe lank gaan hy uithou (Foto: bbc.co.uk)

Gert Smal – hoe lank gaan hy uithou? (Foto: bbc.co.uk)

Die Kaapse politiek is van die redes waarom twee afrigters die pad gevat het en ook die hoofrede waarom `n baie senior speler in Frankryk gaan speel.

Dit is deur `n uiters betroubare bron bevestig, ook dat die senior speler gesê het hy is behoorlik gatvol vir die politiek in die Kaap. Die speler – sy naam is aan Pale Toe! bekend – het hom baie sterker uitgedruk. Hy het besluit om sy rugby oorsee voort te sit nadat hy ook aanbiedinge van ander Suid-Afrikaanse unies gehad en `n groot bedrag geld deur die WP aangebied was.

Allister Coetzee het in sy afskeidstoespraak sy woorde baie versigtig gekies en tussen die lyne laat blyk dat politieke inmenging `n groot rol in Kaapse rugby speel.

Hy het onder meer verwys na die span se klein spelers in die agterste driehoek. Politiek was ook die redes vir die vroeëre vertrek van Nick Mallett en Rassie Erasmus en speel na alle waarskynlikheid ook `n rol in Matthew Proudfoot se pas aangekondigde verhuising na Japan.

Politiek moet ook een van die redes wees waarom geen afrigter in `n pos by die Stormers belang stel nie. Dit lyk in hierdie stadium of die mantel sal val op John Dobson, wat die WP se Curriebekerspan sal afrig, hoewel die naam van Dawie Snyman ook genoem word.

Daar hang nog vrae waarom Duane Vermeulen vir die Australasiese toer gekies is. Hy is vir die eerste wedstryd “gerus”, het een gespeel en daarna teruggekeer. `n Mens moet jou eie raaiskoot maak oor hoe lank Gert Smal, hoof -uitvoerende beampte, nog vir sy pos gaan kans sien.

Dit mag ook een van die redes wees vir Demetri Catrakilis se vertrek. Hy was maar een van die spelers wat week na week in die Kaap se Engelse koerante deurgeloop het onder mense wat van mening was dat Kurt Coleman op water kan loop.

Die WP het 92 klubs waarvan net ses tradisionele “wit” klubs is. Inmenging in die Stormers se wedstrydplanne, die samestelling van spanne en die franchise se administrasie is geen geheim nie. Dit is ook bekend dat Allister Coetzee se beginspan by geleentheid nie deur Thelo Wakefield, die WP-president, goedgekeur is nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Hansie ·

Dis om van te braak hoeveel manne ons verloor agv politiek.

GERHARD ·

Is dit rerig politiek of is dit geld? Die wp het nogal nie sleg gedoen vir ‘n “politieke span” nie.

Anton ·

Politiek hoort glad nie in sport nie, veral nie rugby wat almal se gunsteling sport is nie. Theo Wakefield en sy makkers moet die Kaap verlaat en sommer gou ook. Ons rugby gaan nog swaar jare beleef noudat politiek ‘n rol speel. Ek glo nie een afrigter stel belang om Stormers afterig as ‘n span vir hom gekies word deur mense wat op die komitee dien nie, dis so verkeerd. Dis hoekom WP nooit erens sal kom en al hoe meer spelers beter weivelde soek. Mense raak keelvol vir wat in sport aangaan deesdae, ons gaan talle goeie talent verloor as dinge verder so moet voortgaan en niemand gaan opstaan vir hul regte nie.

ashley ·

rugby raak nu sirkes vat politiek weg vn sport ds die groot kopseer ANC moet meer konsentreer om land te verbeter waar ons nu bevind met groot probleme..kk oorsee se sport geen politiek by sport …..S.A sport lyk nu soos klomp nare nes ANC

Pierre ·

ons kan nie spelers nie verkwalik as hulle groener weivelde gaan soek nie. Maar ons kan ons self verkwalik as ons die politiek net aanvaar. So versoek ek elke ondersteuner om n e-possie aan die unie te stuur en jou misnoee uit te spreek.

CJAN ·

Kry vir Errol Tobais en Chester Williams saam met die gewese 7’s afrigter dat hulle die WP en Stormers afrig. Ek dink hulle sal ‘n goeie kombinasie wees.

Louw ·

As our ondersteuner van WP rugby vanaf 1976 is ek geskok DAT sake nou so uitgedraai het. Alles polities. Siek! Gaan dit nie meer oordie bests speler in sy posisie nie? Was Wilfred Cupido, Errol Tobias, Breyten Paulse,Chester en Thinus Linee en Jerome Paarwater daar agv hul kleur? WP rugby unie, gaan vertel dit vir hulle ASB. Wat maak dit saak of span uit 15 wit, swart, bruin of chinese bestaan? Solank hulle net die beste is. Hoe moet Juan de Jongh voel? Een van die beste senters in hierdie land, is hy daar agvkleur? Kom effen by asb voordat rugby ook sy gat sien

pieta ·

Rugby HET sy gat gesien!!! Waar is die SA spanne in die Superreeks? En met die politiek gaan ons wêreld beker toe, ons gaan NET SOOS ons arme krieketspan dit nie maak nie. En ek is nie swartgallig nie, net realisties.

Christo Visagie ·

Laat die klomp bruin en swart mense nou maar WP rugby oorvat en dan wil ek kyk wat hulle daarmee aanvang,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,’n stadige dood sterf tot daar niks oor is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.