Politieke stiksienigheid kan SA van miljarde weerhou

Wêreldbeker (Foto: sarugby.co.za)

Wêreldbeker (Foto: sarugby.co.za)

Miskien, in die lig van die sukkelende Suid-Afrikaanse ekonomie, moet die Minister van Sport Fikile Mbalula so ʼn bietjie gaan lees oor die geweldige finansiële voordele wat uit Engeland se aanbieding van verlede jaar se Wêreldbekertoernooi gespruit het.

Terwyl die minister onversetlik volhou dat Suid-Afrika nie vir die 2023-toernooi sal mag bie as die transformasie-riglyne nie in plek is nie, is daar Dinsdag bekend gemaak dat die WB-toernooi £2,3 miljard (sowat R53 miljard) tot die Britse ekonomie bygedra het en die BBP ʼn hupstoot van £1,1 miljard (sowat R25 miljard) gegee het.

Intussen is dit nou vir Saru ʼn (onbereikbare?) gejaag teen tyd om goedkeuring van die minister te verkry om vir die toernooi aansoek te mag doen. Hy hou dusver voet by stuk, en aanstaande maand is die afsnypunt vir spanne om hulle voorneme te bevestig om die toernooi aan te bied.

Die vier lande wat nog belang stel is Suid-Afrika, Ierland, Frankryk en Italië.

Die toernooi in 2015 was die vyfde grootste sportbyeenkoms nóg. Onder meer  was daar 406,000 buitelandse besoekers van 151 lande wat elkeen sowat R55 000 bestee het, oftewel ʼn totaal van meer as R22 miljard  en daar is 34 000 werksgeleenthede geskep.

Die 2,57 miljoen wedstrydkaartjies wat verkoop is, was 98% van die beskikbare hoeveelheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Joel ·

Die minister moet maar weer na sy besluit gaan kyk. Om die toernooi aan te bied in 2023 gaan in elk geval die enigste manier wees vir Suid Afrika om te kwalifiseer vir die toernooi

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.