Die Bulls het Saterdagaand aangekondig dat die 22-jarige Springbok Handré Pollard hulle in die Superreeks sal aanvoer.
Pollard, wat reeds groot indruk as kaptein gemaak het toe hy die Junior Springbokke aangevoer het, was die gunsteling om by Adriaan Strauss oor te neem terwyl die laaste Bokkaptein nog herstel van ʼn operasie.
Pollard wat reeds in 20 toetse vir die Springbokke gespeel het, het onlangs teruggekeer van ’n besering wat hom ʼn volle jaar op die kantlyn gehou het en oefen nou weer voluit saam met die Bulls.
Hy sal na verwagting op 8 Februarie in Brisbane sy terugkeer na die veld maak wanneer die Bulls in `n opwarmwedstryd teen die Chiefs speel voordat hulle aan die tienetoernooi in die stad sal deelneem.
Pollard se regterhand sal die losvoorspeler Hanro Liebenberg wees – nóg ʼn man wat kaptein van die Junior Bokke was. Hy het reeds die Blou Bulle in die Curriebekerreeks aangevoer.
Goeie nuus? maak ons trots Pollard?
Wonder hoelank hy gaan speel die seisoen hy kry te maklik seer.Miskien netbal gaan speel boetie.