Pollard en Kriel kry ruskans teen die Sunwolves

Tian Schoeman in die Bulls se beginspan (Foto: GB Jordaan)

Tian Schoeman is die naweek die eerste keer hierdie seisoen in die opdrafvyftiental van die Bulls wanneer hulle in Tokio teen die Sunwolves te staan kom.

Schoeman, wat vir Handré Pollard vervang, se skakelmaat is die Springbok Rudy Paige.

Warrick Galant begin op heelagter in die plek van Jessie Kriel, wat saam met Pollard volgens ’n verklaring van die Bulls ruskans kry word as deel van “die ooreenkoms met die Suid-Afrikaanse Rugbyunie”.

Jannes Kirsten sal nog ’n beseerde speler, Ruan Steenkamp, aan die kant van die skrum vervang.

RG Snyman en Jason Jenkins sal die slotte wees, met die Springbok Lood de Jager wat weens ’n besering nie deel van die wedstrydgroep is nie.

Na verlede week se neerlaag teen die Blues en slegs met een oorwinning vanjaar, is ’n oorwinning ononderhandelbaar vir die Pretorianers.

Bulls: 15. Warrick Gelant, 14. Travis Ismaiel, 13. Jan Serfontein, 12. Burger Odendaal, 11. Jamba Ulengo, 10. Tian Schoeman, 9. Rudy Paige, 8. Hanro Liebenberg, 7. Jannes Kirsten, 6. Nic de Jager, 5. RG Snyman, 4. Jason Jenkins, 3. Trevor Nyakane, 2. Adriaan Strauss (kapt.), 1. Lizo Gqoboko. Bank: 16. Edgar Marutlulle, 17. Pierre Schoeman, 18. Martin Dreyer, 19. Jaco Visagie/Hendré Stassen,  20. Jacques Potgieter, 21. Ivan van Zyl, 22. Francois Brummer, 23. Franco Naude.

Beast weer teen Jaguares losgelaat

Beast Mtawarira maak ’n terugkeer na die Sharks-span wat die Jaguares Saterdagmiddag op Kingspark ontvang.

Mtawarira het verlede week se kragmeting teen die Lions weens persoonlike redes misgeloop.

Op slot ruil Stephan Lewies en Ruan Botha plekke, met Botha wat die bank sal warm hou.

Franco Marais begin op haker in die plek van Chiliboy Ralepelle, wat homself op die bank bevind.

Die flank Philip van der Walt, wat teen die Kings beseer is, is ook as ’n plaasvervanger ingesluit.

Sharks: 15. Garth April, 14. Kobus van Wyk, 13. Lukhanyo Am, 12. Andre Esterhuizen, 11. Lwazi Mvovo, 10. Curwin Bosch, 9. Cobus Reinach, 8. Daniel du Preez, 7. Jean-Luc du Preez, 6. Tera Mtembu (kapt.), 5. Stephan Lewies, 4. Etienne Oosthuizen, 3. Coenie Oosthuizen, 2. Franco Marais, 1. Beast Mtawarira. Bank: 16. Chiliboy Ralepelle, 17. Thomas du Toit, 18. Lourens Adriaanse, 19. Ruan Botha, 20. Philip van der Walt, 21. Michael Claassens, 22. Inny Radebe, 23. Jeremy Ward.

Wilco Louw vervang Bok as vaskopstut

Jano Vermaak kon weens harsingskudding wat hy verlede week teen die Cheetahs opgedoen het nie vir die Stormers se wedstryd Saterdag op Nuweland teen die Chiefs oorweeg word nie.

Hy word deur die ervare Dewaldt Duvenage op skrumskakel vervang, terwyl die terugkeer van Wilco Louw op vaskop in  die plek van Frans Malherbe die enigste ander verandering is wat deur die afrigter Robbie Fleck aangebring is.

Stormers: 15 SP Marais, 14 Cheslin Kolbe, 13 EW Viljoen, 12 Dan du Plessis, 11 Dillyn Leyds, 10 Robert du Preez, 9 Dewaldt Duvenage, 8 Sikhumbuzo Notshe, 7 Siya Kolisi (kapt.), 6 Cobus Wiese, 5 Pieter-Steph du Toit, 4 Eben Etzebeth, 3 Wilco Louw, 2 Bongi Mbonambi, 1 JC Janse van Rensburg. Bank: 16 Ramone Samuels, 17 Oli Kebble, 18 Frans Malherbe, 19 Jan de Klerk, 20 Nizaam Carr, 21 Justin Phillips, 22 Kurt Coleman, 23 Dan Kriel.

Kings verander drie vir Force-kragmeting

Die Kings moes noodgedwonge ʼn senter kies in die plek van Waylon Murray wat in ʼn oefening voor die span se eerste wedstryd in Australië beseer is en Donderdag na Suid-Afrika teruggekeer het.

Luzuko Vulindlu sal nou Vrydagoggend in Perth op binnesenter saam met Berton Klaasen in Perth teen die Force speel.

Die vleuel Makazole Mapimpi keer na sy besering terug en vervang vir Alshaun Bock en Michael Willemse kry met die rotasiebeleid kans op haker in die plek van Kurt Haupt.

Kings: 15 Malcolm Jaer, 14 Yaw Penxe, 13 Berton Klaasen, 12 Luzuko Vulindlu, 11 Makazole Mapimpi, 10 Lionel Cronje (kapt.), 9 Louis Schreuder, 8 Ruaan Lerm, 7 Andisa Ntsila, 6 Chris Cloete, 5 Wilhelm van der Sluys, 4 Irne Herbst, 3 Ross Geldenhuys, 2 Michael Willemse, 1 Schalk van der Merwe.  Bank: 16 Martin Bezuidenhout, 17 Chris Heiberg, 18 Justin Forwood, 19 Mzwanele Zito, 20 Tyler Paul, 21 Rick Schroeder, 22 Pieter-Steyn de Wet, 23 Masixole Banda/Wandile Mjekevu.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johan ·

Maar wanneer het Pollard dan so hard gespeel dat hy ruskans moet kry? – vra ook maar net

Schalk ·

Die Bulle verander weekliks hulle span, hulle sal nooit `n hegte eenheid word ,wat as span kan speel. Daar kan nooit eensgesindheid tussen spanlede wees as daar elke week veranderinge is. Praat nie van ernstige beserings. Maar geen vertroue en spangees word gevorm met elke week se getorring aan die span nie. Dit wys na `n afrigter wat nie vertroue in sy eie vermoee het.
Slegs as jy 6 of meer wedsryde `n volledige span handhaaf wat 80 minute kan speel , sal jy `n goeie span bou. Hierdie mode om `n speler 3 minute voor die einde op te stuur en dan te glo die speler het `n wedstryd gespeel en ondervinding opgedoen is belaglik .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.