Suid-Afrika se Wêreldbeker-losskakel, Handré Pollard, is in Frankryk waar hy voortaan sy eersterangse rugby vir Montpellier sal speel. Die 25-jarige sal na verwagting tot R20 miljoen verdien.
Pollard was die voorste puntemaker by vanjaar se Wêreldbekerrugbytoernooi in Japan en hy het die eindstryd teen Engeland met ’n gebreekte wangbeen voltooi.
Hy sal saam met Frans Steyn vir die Fransmanne diens doen, hoewel daar berig word dat die 32-jarige Steyn binnekort na Bloemfontein kan terugkeer.
Steyn was op Grey Kollege in die skool.
Intussen sal Montpellier se ander Suid-Afrikaanse invoerproduk, Jannie du Plessis, waarskynlik sy loopbaan by die Lions in Johannesburg afsluit.
Montpellier het die 37-jarige stut vir sy diens oor die afgelope vier jaar bedank.
“Jannie het sy laaste wedstryd in blou hierdie Sondag gespeel. ’n Reusedankie aan Du Plessis wat ons klere met trots vir die afgelope vier seisoene gedra het,” het hulle op Twitter geskryf.
Die Johannesburgse Superrugby-franchise het na Du Plessis en Carlu Sadie se dienste gevry.
Kyk net hoe straal dit van ordentlikheid, dissipline en hope talent. Voorspoed Polla en wel gedaan Frans.
Pollard een van die beste losskakems in rugby vandag. Kyk wat gaan hy verdien by Montpellier. Een van die beste. Nie net die grootste puntemaker by die wereldbeker nie maar ook een van die bok leiers op die veld.