Pos van afrigters niks vreemd by die Blou Bulle nie

Die vervanging van Nollis Marais Sondagaand as die hoofafrigter van die Blou Bulle se Curriebekerspan was seker nie onverwags nie.

Marais is Sondagaand deur John Mitchell, die nuwe direkteur van afrigting van die Blou Bulle Maatskappy (Edms) Beperk (die BBM), vir die Curriebekerseisoen vervang en is tot aan die einde van die jaar deur die BBM verlof toegestaan.

Dit volg ná drie opeenvolgende neerlae van die Blou Bulle in die Curriebekerreeks.

Die uitvoerende hoof van die BBM, Barend van Graan, het die stap beskryf as “die voortsetting van die BBM se omdraaistrategie”.

Mitchell, ʼn baie suksesvolle voormalige afrigter van die All Blacks, die VSA Eagles en ook die afrigter wat by die Lions en Goue Leeus ʼn verloorspan op die wenpad geplaas het, het Marais tot dusver met die Curriebekerspan bygestaan.

♦  Die besluit oor Marais is geneem deur ʼn bond wat meedoënloos optree wanneer sake op die veld nie na wense verloop nie.

ʼn Mens hoef net terug te kyk na die omset en kortstondigheid van afrigters by die Blou Bulle en Bulls in die jare dat die span nie volgens die verwagtinge van die bestuur presteer het nie.

Verloor is in Pretoria nie ʼn opsie nie en geen afrigter spring die valbyl vry in die Bulle se soeke na die regte man en resultate nie.

♦  Die mees onlangse gevalle is Frans Ludeke wat in 2014 vir Pine Pienaar as Curriebekerafrigter vervang het nadat Pienaar nie die verlangde resultate gelewer het nie. Die volgende jaar is Ludeke as Superrugby- en Curriebekerafrigter gepos. Hy is deur Marais, eers vir die Curriebekerreeks, en toe ook vir die Superrugbykompetisie, vervang.

Brigadier Bert Wandrag, ook Eugene van Wyk en John Williams, wat albei Curriebekerwenners as afrigter was, Frans Ludeke, selfs Heyneke Meyer in sy vroeë jare en Phil Pretorius het onder meer onder die valbyl beland. Van Wyk is ʼn paar keer weer aangestel en was die hoofafrigter in 1991 en toe weer in 1998 toe Noord-Transvaal/Blou Bulle die Curriebeker gewen het.

Tussendeur was Van Wyk ook hulpafrigter en boonop ook hoofafrigter in die Vodacomreeks!

Ook is daar in 2000, toe Van Wyk weer die Curriebekerspan afgerig het, van 13 Springbokke in Pretoria ontslae geraak. Dit het groot name soos dié van die Wêrelbekerwenners Naka Drotské en Os du Rand ingesluit wat vroeër die seisoen gekontrakteer is.

♦  Marais het sedert Mitchell se aanstelling aan die einde van die Superseisoen voortgegaan met die afrigting van die Curriebekerspan onder toesig van die voormalige afrigter van die All Blacks, Lions en die VSA Eagles.

Marais is egter nie die enigste “ongeval” van die omdraaistrategie nie. Die voorspelerafrigter Anton Leonard is na die o.21s afgeskuif; David Manuel word die o.21s se nuwe hoofafrigter; Haydn Groepes word die Curriebekerspan se vaardigheids- en  skopafrigter; en Pote Human, ook ʼn voormalige hoofafrigter van die Curriebekerspan, sal na die lynstaanwerk omsien.

Gary Botha bly as skrumkonsultant en Pine Pienaar as verdedigingsafrigter aan by die Curriebekerspan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Donald ·

Pine Pienaar moet trekpas kry, verdediging is grootste probleem na disipliene

Adriaan ·

Nollis het nou die slae gekry omdat “iemand” te slapgat was om Ludeke te pos toe die wiele begin afkom. Eerder as om geld te spandeer op ‘n bekwame afrigter hou hulle Ludeke tot Loftus klaar leeg was. Die top internasionale franchise van die 2000’s lê gevolglik aan skerwe. Man United sal tog Sir Alex verloor en vervang met ‘n grapjas wat ‘n rekord het soos Ludeke by die Leeus voor hy Bulle toe is, of nog erger hulle onder21 afrigter aanstel….Nee wat Van Graan is onbevoeg en ek dink hy is die laaste een wat moet praat van ‘n kultuur wat nie wanprestasie duld nie.

Pieter ·

Stem saam met Donald – Pine moet waai ons weet nie wat verdediging beteken nie

Arie ·

Ek stem Pienaar moet ook gaan en wat van graan nog daar soek sal net hy weet, Mitchell is net aangestel om sy g te red. Ons benodig dringend iemand met B lls by die unie! Van graan is daar vir die geldsake wat waar vandaan kom, dit was die begin van ons ondergang

Jonathan ·

Nou hoekom word daar nie n paar spelers ook op leave gesit nie, ek meen regtig hulle weet mos hoe om te speel of suppose om te weet niks wat die afrigter kan doen as die spelers nie tackle of dom rugby wil speel nie

Proefvlug ·

Die afrigter is net so goed soos die spelers op die veld. Begin met die afdanking van Xander Janse van Rensburg High Performance – die verkeerde spelers is gekontrakteer. Vervang hom en beweeg dan op in die top struktuur – Barend en kie. Hoe kon hulle spelers soos Ruhan Janse van Rensburg, Franco Mostert, Luther Bakkes, Andries Coetzee na Varsity Cup by Tuks, Skosan en ander laat gaan na die Leeus… en ander provinsies… eina…

En as ons Nollis kan vra om eerlik te antwoord , dink ek die afgedankte afrigter en die HPM het nie heeltemal saamgestem oor die pakkie spelers nie. Ja, Nollis se rekord nie van die beste nie, 1 CB finaal verloor teen Cheetahs , maar die draai om stappe moet begin met die man wat die pakkie aanmekaar sit moet ook pakslae kry!!

verskil van my asb?

Proefvlug ·

Die afrigter is net so goed soos die spelers wat hy op die veld kan laat draf. Begin met Xander Jansen van Rensburg hy is die HPM (High PErfomarnace Manager) en hy kontrakteur die spelers.

Hoe kon ons ooit Ruhan Janse van Rensburg , Franco Mostert, Luhter Bakkes na Tuks VC laat gaan het na die Leeus, en dan ook spelers soos Andries Coetzee, Skosan etc…

As ons Nollis kan vra om eerlik te antwoord – dalk sal ons hoor daar is baie spelers wat hy as troepe wou gehad het, maar nie kon kry nie agv die HPM …

Die spelers moet ook deel wees van die omkeer proses en ‘n paar moet in die slag bly

Proefvlug ·

Ek hoop eerlik waar Nollis kan sy kans kry om sy saak te kan stel. Gelukkig is Mitch oopkop en dalk net dalk lig hy die wortel van die kwaad uit en kry die manne wat nie deel moet wees van die pakkie – die trek pas…

vrikie ·

Ek dink die van graan bende moet ook ‘n omkeer maak en by Loftus uit masjeer, dit is die wortel van die verval waarin die Bulle hul bevind

Proefvlug ·

Twee spelers wat groot teleurgestel het was Lood de Jager en Adriaan Straus, ek dink die afrigter het baie vertroue in hulle gestel – en daar was glad nie vuurwerke nie.

egter bly om te sien dit is betaalde verlof, dit laat my dink dalk net dalk word die regte vrae nog gevra en is dit nie als verlore vir hom as Blou Bulle afrigter nie…

Ouman ·

Bulle se sogenaamde bestuur is net soos Zuma se bende. Maklik om skuld op ondergekiktes te pak. Die probleem is nie net die afrigters nie. Tyd vir sogenaande “bestuur” om ook verantwoordelikheid te vat. ‘n Vis vrot van sy kop af. Twyfel of Mitchell sy kontraktydperk sal haal. Na meer as 50 jaar se ondersteuning het ek my lewenskwaliteit verhoog deur eenvoudig nie meer te kyk as Floues speel nie. Het nou rus vir my siel.

dawie ·

as Nollis n nie blanke was, sou hy lankal gewaai het. hy het niks maar niks nou al gedoen nie. die spelers foeter voort sonder enige afrigting en leiding ( Adrian Strauss)

watse betaalde verlof. behoort hy dan aan die ANC.

Mitchell sal die bulle regruk, dit gaan egter n tydjie neem.

Waghond ·

Pine Pienaar – verdedigingskonsultant lol! Met al die driee wat teenstanders druk, wonder mens hieroor. Pine Pienaar is g’n slotafrigter – wat is sy ” claim to fame”? Matfield moes aangestel gewees het.
Van Graan se kop moet volgende waai.

Sven ·

Dis omtrent tyd dat Nul-is, gepos word, hy sal in geskiedenis by die Bulle wees, as een van die treurigeste afrigters ooit, swak, uiters swak afrigting en afrigting span, pos nou vir Pine ook. Dalk moet die spelers ook minder op Instagram videos en photos post en begin oefen, word weer fiks en speel tot die fluitjie blaas.

Stephen ·

Pierre finaal klaar met rugby .EK OOK MET BULLE RUGBY !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.