Poublou beter as Ligblou op Loftus

Die Blou Bulle se Tim Agaba word grond toe gebring in die wedstryd teen die Griekwas. Die ’Kwas het 37-15 op Loftus gewen. Foto: Karen Sandison/African News Agency(ANA)

Daar was gister ’n opskudding op Loftus Versfeld toe Griekwas vir die Blou Bulle met 37-15 in Pretoria ore aangesit het.

Die besoekers van Kimberley het vier drieë teenoor die tuisspan se twee gedruk en het sodoende hul kanse verstewig om in ’n tuishalfeindstryd te speel.

Vir die Pretorianers het dinge goed begin toe die blitsige Rosko Specman ’n briljante drie gedruk het. Die einste spoedvraat het egter daarna ’n paar kanse deur sy vingers laat glip en die Bulle kon nie weer terugkom in die wedstryd nie.

Puntemakers:

Griekwas: Drieë: Zak Burger (2), Eduan Keyter, Victor Sekekete. Doelskoppe: George Whitehead (4). Strafskoppe: Whitehead (3).

Blou Bulle: Drieë: Rosko Specman, Marco van Staden. Doelskop: Manie Libbok. Strafskop: Libbok.

  • In Nelspruit het die Pumas hul 50ste bestaansjaar met ’n spogsege oor die Haaie gevier. Die tuisspan het ’n rustydagterstand van agt punte uitgewis om die wedstryd met 27-20 te beklink.

Die tuisspan se Chris Smith was in die kol met ses stelskoppe en het 17 van sy span se punte aangeteken.

Puntemakers:

Pumas: Drieë: Francois Kleynhans, Simon Westraadt. Doelskop: Chris Smith. Strafskoppe: Smith (5).

Haaie: Drieë: Lwazi Mvovo, Kobus van Wyk, Curwin Bosch. Doelskop: Bosch. Strafskop: Bosch.

  • In Bloemfontein het die Leeus Vrydagaand hul trotste wen-die-wedstryd-láát-in-die-tweede-helfte-rekord voortgesit, toe Shaun Reynolds ’n strafskop in die 78ste minuut oor die dwarslat gejaag het.

Die Johannesburgers het die Cheetahs met 24-22 getroef nadat hulle ook met die WP en Pumas laat in die wedstryd afgereken het.

Die Leeus het ’n agterstand van 0-19 uitgewis om hul eerste sege sedert 2015 in Bloemfontein te proe.

Tyrone Green is beslis ’n Springbok in wording en het saam met Madosh Tambwe en Wandisile Simelane die Leeus se terugvegpoging begin.

Puntemakers:

Leeus: Drieë: Madosh Tambwe, Tyron Green, Wandisile Simelane. Doelskoppe: Shaun Reynolds (3). Strafskop: Reynolds.

Cheetahs: Drieë: Joseph Dweba, Walt Steenkamp, Marnus van der Merwe. Doelskoppe: Tian Schoeman, Louis Fouché. Strafskop: Fouché.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

kolla ·

Nulle kon nog net een van vier wedstryde wen en lê laaste op die punteleer, dis geen opskudding nie. Griekwas het nog net een wedstryd verloor.

Antoon ·

Die Bulle het ‘n patetiese seisoen.
Party mense het ‘n patetiese lewe :-)

Kerneels ·

Ja, ou kolla. Gedink jy sal nie dié kans lat veby gaan nie! Was maar ‘n ‘afdag op kantoor’ gister vi die bulle. Griekwas beter span gewees.

Sparks ·

Leeus haal Asb. Ross Cronje . Hy laat hul in die steek . Nie n kaptein nie

Cuda ·

Die kolla huil nou nog oor die Bulle wat daai Super beker teen hulle gevat het. As hy kommentaar lewer huil hy. Maak selfs Bulle kommentaar in die Paarl interskole…! Ek kan nie wag vir jou volgende Bulle sleg sê sessie nie, dan weet ek jou harl bloei BLOU BULLE!!!

Swanna ·

Ek is ‘n blou bul maar moet nooit die griekwas onder skat en afskryf nie en dit is al in die geskiedenis bewys. Eish eina.

Wiehan ·

Kyk na die Currie beker punteleer. As dit soo aangaan, gaan daar 3 van die 4 spanne in die kwarteindstryd speel nie spoanne wees wat Super Rugby speel nie.
SA Rugby gaan met ROOI gesigte sit!!!!!

kolla ·

Dit gebeur as jy nie jou eie spelers ontwikkel nie. Geen toeskouers, swak rugby, unie met geen identiteitskultuur nie.

Swartwolf ·

En jou stompie span het geen wenkultuur nie. Laaste in SR. Bokke en al. Geen wonder WP skool spelers gaan speel by ander unies nie. Huidiglik bankrot unie, groot binnegevegte en geen SR beker nie. Skande.

George in Bloem ·

Die Vrystaat Cheetahs het daai wedstryd weggesmyt met verkeerde besluite tee die einde waar hulle verskeie geleenthede om pale toe te skop vermors het. Hulle het ‘n goeie wedstryd gehad maar krediet aan die Leeus wat nooit gaan le het nie. Griekwas is warm die jaar en speel weer ou harde Griekwas rugby en as hulle tuis uitspeel gaan hulle baie moeilik geklop word.

Cuda ·

Uitdaging aan kolla. Noem een speler van oorsee wat vir die Bulle gespeel het? Dan praat ons weer van ontwikkel. Kolla waar kom Habanna, Vermeulen, van Niekerk, Chris Jack, Tony Brown, Manny Edmonds, Nakalivuka, Senatla, Jano Vermaak, J Stander, Sergial Pieterson, ens, ens ……. vandaan…… ? Teminste ontwikkel Bulle SA spelers vir SARugby. Hulle voer nie ouens in van oorsee af nie….

Frans C ·

Cuda wees versigtig dat jy nie jou naam met ‘n plank slaan nie.Habana kom van die Goue Leeus af,waar hy Springbok geword het.Jano Vermaak was van 2005 tot 2011 by die Goue Leeus.Beide spelers het hul loopbane daar begin.Altwee is van die Leeus na die Blou Bulle.
Selfs die beroemde Bakkies Botha was nie ‘n Blou Bul nie.Hy kom van die Valke af,vir hy gespeel het vanaf 1999-2000.
Victor Matfield is snaaks genoeg weg van die Blou Bulle en het ‘n draai by die Griekwas en Cats gemaak voordat hy voor terug is na die Blou Bulle om daarna weer ‘n draai in die buiteland te maak.

Veel meer krediet moet gegee word aan die afrigters op die skole en Unies waar die manne die basiese vaardighede aangeleer het.Dit is hulle wat die grondslag vir spelers se loopbane gelê het.

kolla ·

Nie een van daai spelers kom van Noord-Transvaal af nie. Soos ek sê, julle ontwikkel niks, koop net. Useless, plastic unie,

Johan Maritz ·

Cuda nee ou maat twee name sonder om te dink Arno Botha en Hencus va Wyk.

Frans C ·

Het die tyd vir die Goue Leeus aangebreek vir naamsverandering na die ‘Come back boys?’

Frans C ·

Kola by jou is dit ‘n geval van die pot verwyt die ketel dat hy swart is.Kyk gerus na waar sommige WP-spelers vandaan kom.Chris Massyn Krugersdorp/kyk na sy geskiedemis.
scara Ntubeni-oos Kaap/Jano Vermaak-maak naam by Leeus en Bulle.Corne Fourie\Roodepoort-Leeus. Jaco Coetzee gebore Pretoria maar maak naam by Sharks.

Ons is nou in die erea van beroepsrugby en koop alle Provinsies en het veral die WP
miljoene bestee om Jacque Fourie van die Leeus en Habana van die Bulle af aan te koop.

kolla ·

Jy praat van enkele spelers, ek praat van massas wat elke jaar van die WP aangekoop word deur alle unies. Die ander unies (en die nulle en sharks veral) moet regtig bykom en ‘n sinvolle bydrae tot spelerontwikkeling begin lewer.

Lekker lag ·

Die stormers song wys die sanger omring deur ouens met rooi en swart sambrele. Kolla hoeveel het hulle jou destyds betaal om een van die sambrele op die video rond te waai??

kolla ·

Die punt is dat WP ‘n goudmyn vir die ontwikkeling van kwaliteit jong spelers is, by verre meer as enige ander unie. Die nulle en sharks is die swakste in die verband. Lions het in die laaste tyd begin bykom. Ons wil graag hê die nulle en sharks moet ook bykom in dié verband en die voorbeeld van WP (en in ‘n mindere mate Vrystaat) volg wat die proses al vir donkie jare aan die gang hou.

Frans C ·

Nouja verduidelik dan aan die lesers,hoe en waar die loopbane van die volgende spelers,wat ek sommer lukraak gekies het ,begin het:
Rikus Pretorius,Sergeal Petersen,Ruhan Nel,Joshua Stander,JJ Engelbrecht,
Dan Kriel,S P Marais,Seabela Senatla.Punt is almal koop en die WP ook.

Swartwolf ·

FransC laas het ek gese jy sal moet prentjies teken, ek se dit weer. Die target audience vir jou argument glo sy eie snert so vas dat jou argument word nie begryp of oorweeg nie.

kolla ·

Ek dink die Ligbloues moet eerder die Potbloues genoem word van al die pakslae kry.

Swartwolf ·

Maar die stompies se regte naam reflekteer mos reeds hulle super rugby status. WP=Weer Probeer. Net jammer die kassie bly leeg nie eers play offs die jaar nie asook daai vernedering van 40-3. Laaste op die SA konferensie. Bokke in die span en al. Ontwikkeling van hulle eie spelers van skoolvlak af en al. Lyk my niks werk nie.

kolla ·

Jy verwar WP met Stormers, ons is nou besig met die CB. Nie so moeilik om te verstaan nie.

Frans C ·

Ai Kolla, Jy verstaan nie dat die Stormers waar net ‘n ‘souped up’ WP-span is en dat die WP
‘n span sonder dit is.Dit moet jy verstaan om dit volledig te begryp.Ongelukkig kan ek dit nie teken nie,maar wat ‘n goeie begryper het ook net ‘n halwe woord nodig.

kolla ·

Teken vir ons die prentjie, jy weet daai een waarin jy uitbeeld dat Spanjaarde, Grieke en Portugeuse nie as blankes geklassifiseer word nie. LOL

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.