Praat, praat, praat, maar daar word niks gedoen nie

Nick Mallett (Foto telegraph.co.uk)

Nick Mallett (Foto telegraph.co.uk)

Ek wonder wat van Nick Mallett se verslag geword het wat hy jare gelede opgestel het om te sorg dat die Bokke met die All Blacks kan meeding.

Die Bokke sal Maandagmiddag verneem dat hulle ná die nederlaag teen die All Blacks weer na vierde plek op die wêreldranglys afgeskuif het ná die All Blacks, Engeland en die Wallabies, wat as een van die swakste Australiese spanne in jare beskryf word.  As dit nie genoeg is nie, nouja …

Onder Mallett , wat die Bokke tussen 1997 en 2000 afgerig het, het Suid-Afrika immers  die Franse met 52-16 in Parys geklop, die Skotte met 68-10 in Edinburg, die Iere met 33-0, Wallis met 96-13, Italië met 101-0 en Engeland met 44-21 in die kwarteindronde van die Wêreldbekertoernooi in 1999.

Die Bokke het in 1998 die All Blacks twee keer (13-3 en 24-23) en die Wallabies ook twee keer (14-13 en 29-15) geklop. Die Bokke het die All Blacks weer in 1999 met 22-18 geklop, dus kon Mallett vanuit ʼn gesagsposisie praat.

Toe Saterdag se nagmerrie teen die All Blacks op Kingspark verby was, het Mallett weer na die gebrekke, leemtes en tekortkominge verwys, net soos hy dit weekliks doen en meer as 16 jaar gelede in sy verslag aan die destydse Suid-Afrikaanse Rugbyvoetbalunie (Sarfu) uitgestippel het.

Mallett het tóé al bepleit dat daar  sentrale kontraktering gedoen moet word, en dat die Suid-Afrikaanse Rugbyunie, net soos in Nieu-Seeland, oor die kontrakte van spelers in die Superrugby-reeks besluit.

Die nasionale span moet altyd voorop gestel word en provinsies moenie vir eie gewin die hef in die hande hou nie.

Die Superrugbyspanne hoef nie gekloon te word nie, maar ʼn eenvormige speelpatroon, geskoei op dié van die Lions (en ook al die Nieu-Seelandse spanne in die Superreeks) is ononderhandelbaar.

Praat, praat, praat … maar daar is jare lank nog niks daaraan gedoen nie.

Oor minder as twee weke gaan Saru die bloeding probeer stop wanneer hy ʼn driedaagse noodberaad hou, straks sonder Johan Ackermann en Swys de Bruin of Franco Smith (en dalk ook Nollis Marais of John Dobson) , want die Curriebeker-eindstryd word op 22 Oktober beslis en twee van die topspanne sal daar wees.

Mallett, Naas Botha, en Brendan Venter sal hopelik van die konsultante wees wat na die beraad uitgenooi sal word.

Botha het Saterdag gesê dat hy al 22 jaar oor dieselfde gebreke praat. Mallett se verslag lê steeds na jare iewers en stof vergaar.

Hoekom sal die rugbybase nóú uit hulle slap wakker skrik?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

21 Kommentare

jongste oudste gewildste
Frans C

Die twee grootste struikelblokke in die pad van verandering is politieke inmenging en eie belang waar provinsiale belang bo nasionale belanggestel word. In die proses neem sg rugby ondersteuners lustig deel want kyk maar hoe word teenstanders afgekraak veral as hul aan die verloorkant is. Dit is paty keer so pateties omdat daar in die verloorspanne soms spelers is wat die vorige seisoen nog vir die wenspan gespeel het. SARU speel lustig saam en laat dit voorskryf deur SANZAR wat kastig rugby wêreldwyd bevorder met sy Super 18 reeks , in ‘n kompetisie waarin swak Suid Afrikaanse spanne gereeld die… Lees meer »

Spondawer

Ek dink Mallet is dalk die regte Man om aan die hoof te staan as hy net die werk wil aanvaar. Hy het darm die visie om te sien dat ‘n suksesvolle gameplan meer wenne as verlore teen die beste opposisie verseker. As die Cheetahs volhou met die goeie spel en min beserings het kan twee spanne volgendae jaar in die Super rugby kompiterend wees. Dis duidelik soos daglig as die ander span nie die bal kry nie kan hulle nie score nie. Hou die bal en speel slim rugby, maak planne om die opposisie uit te oorlê en kry… Lees meer »

Loskop

1 Die SARU sit met hul hande in hul hare , van die hele spul het nie een eers klub rugby gespeel nie, maar hulle is in beheer van die land se rugby. Ek dink daar moet by hulle begin word en stel oud Springbokke aan . 2 A Coetzee en sy hele afrigtingspan moet in die pad gesteek word.Dit is duidelik dat A C nie n idee het wat aangaan nie. Die spelers is daar , maar word uit posiese gespeel, is swak afgerig en is duidelik nie op standard sover dit fiksheid aangaan nie. 3 Waar is Wynand… Lees meer »

Jakkalas

Die enigste manier van praat is om met leë stadions en geen merchandise te koop meer nie. Kanselleer Supersport kanale en sny die inkomstes af. Diegene wat die hardste klae is hulle wat sy kaartjie teen onbekostigbare prys koop sy allie neer te plak en hierdie siek Bok sisteem te ondersteun. Voor dit nie stop nie sal dit aangaan soos tans. Hulle ondersteun hierdie kwaad en hoe kan hulle dan lief wees vir Bok rugby????

Ouboet

Passop vir oud bokke wat nog nie professioneel in die moderne era afgerig het nie. Hulle opinies is die Gevaarlikste. Naas inkluis.
Hierdie artikel slaan amper die spyker op die kop.
Maak van bo af skoon. Ontbind sarfu. Gaan kyk wat doen nz en copy hulle strukture.
‘N goeie stukkie joernalistiek sal wees om SA Se rugbyopset met nz te vergelyk. Hoe lyk dit maroelamedia?