Praat, praat, praat, maar daar word niks gedoen nie

Nick Mallett (Foto telegraph.co.uk)

Nick Mallett (Foto telegraph.co.uk)

Ek wonder wat van Nick Mallett se verslag geword het wat hy jare gelede opgestel het om te sorg dat die Bokke met die All Blacks kan meeding.

Die Bokke sal Maandagmiddag verneem dat hulle ná die nederlaag teen die All Blacks weer na vierde plek op die wêreldranglys afgeskuif het ná die All Blacks, Engeland en die Wallabies, wat as een van die swakste Australiese spanne in jare beskryf word.  As dit nie genoeg is nie, nouja …

Onder Mallett , wat die Bokke tussen 1997 en 2000 afgerig het, het Suid-Afrika immers  die Franse met 52-16 in Parys geklop, die Skotte met 68-10 in Edinburg, die Iere met 33-0, Wallis met 96-13, Italië met 101-0 en Engeland met 44-21 in die kwarteindronde van die Wêreldbekertoernooi in 1999.

Die Bokke het in 1998 die All Blacks twee keer (13-3 en 24-23) en die Wallabies ook twee keer (14-13 en 29-15) geklop. Die Bokke het die All Blacks weer in 1999 met 22-18 geklop, dus kon Mallett vanuit ʼn gesagsposisie praat.

Toe Saterdag se nagmerrie teen die All Blacks op Kingspark verby was, het Mallett weer na die gebrekke, leemtes en tekortkominge verwys, net soos hy dit weekliks doen en meer as 16 jaar gelede in sy verslag aan die destydse Suid-Afrikaanse Rugbyvoetbalunie (Sarfu) uitgestippel het.

Mallett het tóé al bepleit dat daar  sentrale kontraktering gedoen moet word, en dat die Suid-Afrikaanse Rugbyunie, net soos in Nieu-Seeland, oor die kontrakte van spelers in die Superrugby-reeks besluit.

Die nasionale span moet altyd voorop gestel word en provinsies moenie vir eie gewin die hef in die hande hou nie.

Die Superrugbyspanne hoef nie gekloon te word nie, maar ʼn eenvormige speelpatroon, geskoei op dié van die Lions (en ook al die Nieu-Seelandse spanne in die Superreeks) is ononderhandelbaar.

Praat, praat, praat … maar daar is jare lank nog niks daaraan gedoen nie.

Oor minder as twee weke gaan Saru die bloeding probeer stop wanneer hy ʼn driedaagse noodberaad hou, straks sonder Johan Ackermann en Swys de Bruin of Franco Smith (en dalk ook Nollis Marais of John Dobson) , want die Curriebeker-eindstryd word op 22 Oktober beslis en twee van die topspanne sal daar wees.

Mallett, Naas Botha, en Brendan Venter sal hopelik van die konsultante wees wat na die beraad uitgenooi sal word.

Botha het Saterdag gesê dat hy al 22 jaar oor dieselfde gebreke praat. Mallett se verslag lê steeds na jare iewers en stof vergaar.

Hoekom sal die rugbybase nóú uit hulle slap wakker skrik?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Frans C ·

Die twee grootste struikelblokke in die pad van verandering is politieke inmenging en eie belang waar provinsiale belang bo nasionale belanggestel word.

In die proses neem sg rugby ondersteuners lustig deel want kyk maar hoe word teenstanders afgekraak veral as hul aan die verloorkant is. Dit is paty keer so pateties omdat daar in die verloorspanne soms spelers is wat die vorige seisoen nog vir die wenspan gespeel het.

SARU speel lustig saam en laat dit voorskryf deur SANZAR wat kastig rugby wêreldwyd bevorder met sy Super 18 reeks , in ‘n kompetisie waarin swak Suid Afrikaanse spanne
gereeld die onderspit delg en slegs daar is om getalle vol te maak.

Wakker word ,nee wat dit is makliker om pap te skep terwyl dit pap reën eerder asom die grysstof in te span en Suid Afrika se rugby terug op die wenpad te plaas,

Spondawer ·

Ek dink Mallet is dalk die regte Man om aan die hoof te staan as hy net die werk wil aanvaar. Hy het darm die visie om te sien dat ‘n suksesvolle gameplan meer wenne as verlore teen die beste opposisie verseker. As die Cheetahs volhou met die goeie spel en min beserings het kan twee spanne volgendae jaar in die Super rugby kompiterend wees. Dis duidelik soos daglig as die ander span nie die bal kry nie kan hulle nie score nie. Hou die bal en speel slim rugby, maak planne om die opposisie uit te oorlê en kry ‘n ervare skop afrigter en verdediging afrigter. Ackerman en de Bruin is klaar gesoute afrigters in die tipe gameplan. Jy kan nogsteeds SA sterkpunte binne die raamwerk hê. FYI Die Lions het die NZ gameplan beter gespeel die jaar as 80% van Hul eie spanne. En NZ het kamstig ‘n dominante jaar in Super rugby gehad.

Loskop ·

1 Die SARU sit met hul hande in hul hare , van die hele spul het nie een eers klub rugby gespeel nie, maar hulle is in beheer van die land se rugby. Ek dink daar moet by hulle begin word en stel
oud Springbokke aan .
2 A Coetzee en sy hele afrigtingspan moet in die pad gesteek word.Dit is duidelik dat A C
nie n idee het wat aangaan nie. Die spelers is daar , maar word uit posiese gespeel, is swak afgerig en is duidelik nie op standard sover dit fiksheid aangaan nie.
3 Waar is Wynand Claassen en Divan Serfontein nou hul groot monde is stil , Hoekom nie nou ook met n petisie begin om van die afrigters ontslae te raak nie .

callie ·

Loskop voeg by dat Superugby se aanbieders Kobus Wiese En selferkende kwota speler Ashwin Willemse alle pogings ingesit het om Meyer uit te kry . Met nederlae onder hom was hy die skuldige en nou is AC n slagoffer. Dit is om van siek te word. Nou se All Black span word nou sommer ook skielik aangeskryf as selfs beter as die een wat die world cup gewen het. Glo my hy is nie en die bokke het in n fantastiese game met net 2 punte verloor in die kwarteind. Met daai verloor was die Claasen / Serfontein monde die grootste in die land. Ek vra hulle nou mooi om nou ook kommentaar te lewer.

bendons ·

Stem saam.
As jy nie rugby gespeel het nie dan sal jy nooit regtig weet hoe die basiese rugby kundigheid verkry word nie.
Fiksheid is ‘n groot faktor . Hulle kom almal jimjunkieagtig voor het geen aanhoudende met krag spoed nie.
Ek daag die span uit om 5km afte lê met groot vragmotor band sleep onder 30 min.
Dan sal ek sê jy is fiks genoeg vir 80 min aanhoudende spoed versnel rugby.
Ek onthou Louie Smidt het in PTA op HF Verwoerd se veld ons op skoolvlak so fiks gemaak en nog daarna die werklikke oefening ens.
Ag almal praat maar die klomp van bestuur tot by afrigting sal nooit luister nie. Wat weet ons nou tog van rugby af.
Een groot grap.

Pieter Pille ·

Loskop en Kallie julle slaan die spyker so reg op die kop. Ja snaaks nog niks gehoor van die “drie manskap” naamlik Wynnie Claasen wie se seun oorsee speel seer sekerlik om rede die kwotasstelsel hier. Divan of Daaivan Sterfontein het nou stilstuipe en natuurlik so-ook ou Rob Louw (wat nooit juis warm was).Hoe Mallet ‘n platform kan deel met die GROOT KENNER, Ashwin moet pynlik wees.

Jakkalas ·

Die enigste manier van praat is om met leë stadions en geen merchandise te koop meer nie. Kanselleer Supersport kanale en sny die inkomstes af. Diegene wat die hardste klae is hulle wat sy kaartjie teen onbekostigbare prys koop sy allie neer te plak en hierdie siek Bok sisteem te ondersteun. Voor dit nie stop nie sal dit aangaan soos tans. Hulle ondersteun hierdie kwaad en hoe kan hulle dan lief wees vir Bok rugby????

Ouboet ·

Passop vir oud bokke wat nog nie professioneel in die moderne era afgerig het nie. Hulle opinies is die Gevaarlikste. Naas inkluis.
Hierdie artikel slaan amper die spyker op die kop.
Maak van bo af skoon. Ontbind sarfu. Gaan kyk wat doen nz en copy hulle strukture.
‘N goeie stukkie joernalistiek sal wees om SA Se rugbyopset met nz te vergelyk. Hoe lyk dit maroelamedia?

Jan ·

As Coetzee n MAN is sal hy self terugstaan en sy ou fosiele wat in die pad staan van opkomende meriete spelers saamneem

Jan ·

Coetzee is n “disgrace” Hy het soos sy voorloper, n be spotting van die eens trotse springbok gemaak. Nou kan hulle die embleem na enige iets verander

Hennie ·

Spelers wat in die buiteland speel, moet nie in Bokke of Super Rugby gebruik word nie. Bokke en Super Rugby spelers moet nie Curriebeker speel nie. So sal ons diepte in ons spelers kry.

Skaam ·

Persoonlik dink ek die spelers se hart is nie in die spel nie. Die verdediging is halfhartig. Verander hulle kontrakte en beloon die spelers op prestasie. Tans is hulle te bang hulle kry seer en verloor die volgende wedstryd se geld.

Marius ·

Ons rugby is ongelukkig gedoem kêrels. Dit begin reeds op skolevlak. Seuns word wyd en syd aangery om skole te help ligas wen. Die oefeninge is omtrent altyd ingestel op voorbereiding vir een of ander tofee. Die rede waarom dit gedoen is, is omdat skole se oorlewing daarvan afhang om goed te doen in die liga. As jou seunsgetalle daal en jou rugby word swakker, is dit gou en jy word dubbel medium agv die uittog van seuns agter wenskole aan. Ouers is ingestel op die prestige daarvan dat hulle seun genader is om vir een van die skole te speel. Dit is selfs nou al so in die laerskole. Die all blacks laat ons soos skoolseuns lyk met kleiner agterspelers as ons. Die mentaliteit in SA skole is: koop die sterkstes en wen die liga. Nie, ontwikkel wat jy het en laat seuns harder werk aan vaardighede nie. Hoe gaan ons dit omdraai?

Leon ·

Na so ‘n verloor baklei al die rugby ondersteuners lekker ondermekaar terwyl die werklike oorsaak politieke inmenging is. Die ministertjie van transformasie in sport, Fikile, lag seker lekker in sy mou terwyl hy die onderlinge bakleiery dophou.

Kobus ·

Jy slaan die spyker 100% op die kop, en dan kom die ondersteuners en sê raak ontslae van die springbok embleem. Dis presies wat hulle beplan het. Breek jou af en vat jou trots weg…dan is jy niks en wil niks daarmee te doen hê nie. Sies, staan op vir wat joune is en veg daarvoor

Leon ·

Na so ‘n verloor baklei al die rugby ondersteuners lekker ondermekaar terwyl die werklike oorsaak politieke inmenging is. Die ministertjie van transformasie in sport lag seker lekker in sy mou terwyl hy die onderlinge bakleiery dophou.

Pietman ·

Bredan Venter sê dan Allister is op die regte pad. Waarom iemand kry om verandering te bring indien hy dink ons is op die regte pad?

JG ·

AC het gedink hy kon die hero wees Maandag deur te dink hy gaan die game wen deur 80 minute te verdedig. Dit het seker al gewerk maar nie teen die All Blacks. Ons voorspelers wat absoluut uitstekende spelers is kan nie hulle teenstanders verdedig en nog die agterspelers keer ook nie omdat ons beste senters nie speel nie. So hulle gaan ook na paar minute gatvol raak as hulle sien daar gaan niks agter aan nie. Willemse hou sowaar nog steeds aan dat Jantjies die beste losskakel is. Hy het geen objektiwiteit soos Pulse nie. Hy haak vas op een ding .

Koos ·

Die idee van ‘n eenvormige spelpatroon moet eens en vir altyd nek omgedraai word. ‘n Span moet volgens sy sterkpunte speel. Iemand wat wil hê ‘n span met ‘n sterk pak en groter, stadiger agterspelers moet dieselfde patroon speel as ‘n span met ligter voorspelers en ‘n vinnige agterlyn is gevaarlik en moet van ‘n rugbyveld weggehou word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.