Premierligastryd gestaak ná toeskouer ineensak

Bargoed (blou) teen Ebbw Vale – wedstryd gestaak. (Foto: Twitter)

ʼn Wedstryd in die Walliese Premierliga is Saterdag met rustyd gestaak, nadat ʼn toeskouer ernstig siek ineengestort het.

Luidens ʼn berig in The Western Mail (Cardiff) het dit tydens ʼn kragmeting tussen Bargoed en Ebbw Vale op eersgenoemde se veld gebeur.

Die twee klubs se mediese spanne het ʼn defibrillator (ʼn hartmasjien wat elektrise skokke toedien) langs die veld ingespan onderwyl paramedici hulle na die toneel gehaas het.

Die skeidsregter het ná beraadslaging met die twee spanne die wedstryd afgelas.

Na verneem word, is die betrokkene ʼn lid van Bargoed se tweede span.

Hy is in ʼn nabygeleë hospitaal opgeneem.

Ebbw Vale het die spel oorheers en was met 15-3 voor toe die wedstryd stopgesit is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.