Pro 14: Blommetjies en Petersen uit posisie skep vrae

ʼn Blitsige agterlyn is dit wel, en die balvaardighede is nie te betwyfel nie, maar tog wonder ʼn mens oor die keuse van die heelagter Clayton Blommetjies op losskakel vir die Cheetahs en oor Sergeal Petersen wat op heelagter gekies is.

Die Vrystaters, wat Vrydagaand (20:35) in Belfast teen Ulster in hulle eerste Pro14-wedstryd speel, het hulle kwota ongeluk op losskakel gehad met vyf manne wat nie beskikbaar is nie, en hierdie is duidelik ʼn stap uit nood gebore.

Skopwerk kan ʼn verdere probleem wees,

Die agsteman Neill Jordaan voer die span aan wat benewens Petersen en Blommetjies ook oor snellers soos Rosko Specman, William Small-Smith, Ali Mgijima en Makazole Mapimpi in die agterlyn beskik.

Hopelik kan hierdie vaart goed aangewend word.

Shaun Venter is oor sy besering en is Blommetjies se skakelmaat.

Cheetahs –

15 Sergeal Petersen, 14 Rosko Specman, 13 William Small-Smith, 12 Ali Mgijima, 11 Makazole Mapimpi, 10 Clayton Blommetjies, 9 Shaun Venter, 8 Niell Jordaan (kaptein), 7 Henco Venter, 6 Paul Schoeman, 5 Reniel Hugo, 4 Justin Basson, 3 Johan Coetzee, 2 Jacques du Toit, 1 Charles Marais. Bank: 16 Torsten van Jaarsveld, 17 Ox Nche, 18 Tom Botha, 19 Rynier Bernardo, 20 Gerhard Olivier, 21 Tian Meyer, 22 Cecil Afrika, 23 Rayno Benjamin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Nico K ·

Blommetjies het baie talent, maar hy maak darem net veel onnodie foute. In die wedstryd teen die Bulle het hy dit darem baie moeilik gemaak vir sy span om te wen.

ZAinBE ·

Dit gaan vanaand in Belfast heel aand reen. Hierdie vinnige agterlyn gaan maar min bal sien, en die min ervaring op 10, veral in hierdie omstandighede gaan dalk te veel wees vir Blommetjies.

BAREND ·

ek hoop van harte dat die vrystaat al sy wedsryte gaan verloor

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.