Pro14: Albei SA spanne kan die naweek wen

Die Cheetahs en die Kings sit die naweek albei ná drie weke hul bepalings in die Pro14 voort met die wete dat hulle hoogs onwaarskynlik naby aan die uitspeelrondes sal uitkom.

Selfs met feitlik twee-derdes (13) van die 21 ligawedstryde wat met die aanbreek van die naweek se negende ronde nog op al 14 spanne gewag het, lyk dit na ʼn onbegonne taak.

Die Cheetahs het verlede seisoen derde in afdeling A geëindig en met die topdrie van elke afdeling na die kwarteindronde deurgedring. Hulle het toe 12 van hulle 21 wedstryde gewen en 63 ligapunte gehad.

En in afdeling B het Edinburgh met hul 15 oorwinnings toe op 68 ligapunte gestaan.

Dus: om naastenby by hierdie twee liga-totale uit te kom, moet die Kings en die Cheetahs, albei met net een oorwinning en 11 ligapunte, al 13 hul oorblywende wedstryde wen.

Dis ʼn onbegonne taak, maar albei dié spanne het in die laaste klompie wedstryde van die huidige reeks ongetwyfelde verbetering getoon. Albei het egter die voortgesette swakte om nie die volle 80 minute te speel nie en albei het op dié manier al moontlike seges laat glip.

Cheetahs vs Benetton, Vrystaat-stadion. Afskop Saterdag 14:30

Saterdag speel die Cheetahs teen Benetton van Italië wat net een van hul laaste ses wedstryde in  dié huidige reeks gewen het. Dit was sewe weke gelede op hul tuisveld teen die Kings, wat met 5-28 verloor het.

Boonop het Benetton nog net een wegwedstryd gewen, teen die Dragons in hul heel eerste wedstryd. Die Dragons is tans heel laaste van die 14 spanne.

Die Vrystaters het ongetwyfeld in die drie weke se aflê aan hul swakpunte geskaaf, maar mag dalk effens verroes wees. Dieselfde geld egter vir Benetton, wat weens die internasionale jaareindprogram ook in die eerste week van November laas gespeel het.

Dis ʼn wedstryd wat die Cheetahs oortuigend behoort te wen, mits hulle 80 minute lank konsentreer.

Spanne ‒

Cheetahs
15 Malcolm Jaer, 14 Rhyno Smith, 13 Benhard Janse van Rensburg, 12 Nico Lee, 11 Rabz Maxwane, 10 Tian Schoeman, 9 Shaun Venter (kaptein), 8 Daniel Maartens, 7 Junior Pokomela, 6 Gerhard Olivier, 5 Walt Steenkamp, 4 Justin Basson, 3 Aranos Coetzee, 2 Joseph Dweba, 1 Ox Nche. Bank: 16 Marnus van der Merwe, 17 Charles Marais, 18 Erich de Jager, 19 Sinthu Manjezi, 20 Abongile Nonkontwana, 21 Rudy Paige, 22 Louis Fouche, 23 William Small-Smith.

Benetton
15 Angelo Esposito, 14 Marco Zanon, 13 Tommaso Iannone, 12 Ignacio Brex, 11 Monty Ioane, 10 Ian McKinley, 9 Dewaldt Duvenage, 8 Marco Barbini (kaptein), 7 Michele Lamaro, 6 Giovanni Pettinelli, 5 Federico Ruzza, 4 Irné Herbst, 3 Giuseppe Di Stefano, 2 Tomas Baravalle, 1 Nicola Quaglio. Bank: 16 Hame Faiva, 17 Derrick Appiah, 18 Marco Riccioni, 19 Niccolò Cannone, 20 Marco Lazzaroni, 21 Giorgio Bronzini, 22 Antonio Rizzi, 23 Alberto Sgarbi

Skeidsregter: Craig Evans (Wallis).
Assistent-skeidsregters: Ben Crouse, Jaco Kotze (albei Suid-Afrika).
Televisie-skeidsregter: Johan Greeff (Suid-Afrika).

Southern Kings vs Connacht, Madibaz-stadion. Afskop: Sondag 15:00

Die Kings se rekord teen Ierse spanne sedert hulle verlede jaar aan die pro14 begin deelneem het, maak nie goeie leesstof nie: agt gespeel, agt verloor.

Hulle kom Sondagmiddag in die Madibaz-stadion teen Connacht te staan.

Connacht is die swakste van die vier Ierse spanne in die reeks. Hulle sukkel in wegwedstryde en het en het vroeg in Oktober hul enigste wegwedstryd sedert Februarie gewen. Dit was teen Ulster.

Hulle laaste wedstryd, en ook hul laaste oorwinning, was in die eerste naweek van November teen die Dragons.

Vir die Kings is daar ook die wete dat Connacht meer as 12 maande laas twee agtereenvolgende wedstryde gewen het, maar terselfdertyd die besef dat hulle in hul enigste kragmeting met Connacht verlede seisoen in Galway met 10-42 slae gekry het.

Dít was egter in die Kings se tweede wedstryd in wat vir hulle ʼn splinternuwe kompetisie en ervaring was. Deon Davids se span het sedertdien aansienlik gegroei en behoort in die Baai te wen ‒ as hulle 80 minute lank speel en hul koppe nie soos feitlik elke keer met swak dissipline uithaak nie.

Spanne ‒

Southern Kings
15 Masixole Banda, 14 Michael Makase, 13 Harlon Klaasen, 12 Berton Klaasen, 11 Yaw Penxe, 10 Martin Du Toit, 9 Stefan Ungerer, 8 Ruaan Lerm, 7 Jurie van Vuuren, 6 Cyril-John Velleman, 5 JC Astle (kaptein), 4 Stephan Greeff, 3 Nicolaas Oosthuizen, 2 Alandré van Rooyen, 1 Lupumlo Mguca. Bank: 16 Tango Balekile, 17 Alulutho Tshakweni, 18 Luvuyo Pupuma, 19 Andries van Schalkwyk, 20 Martinus Burger, 21 Godlen Masimla, 22 Ntabeni Dukisa, 23 Tertius Kruger

Connacht
15 Tiernan O’Halloran, 14 Cian Kelleher, 13 Kyle Godwin, 12 Tom Farrell, 11 Matt Healy, 10 Jack Carty, 9 Caolin Blade, 8 Jarrad Butler (kaptein), 7 Colby Fainga’a, 6 Sean O’Brien, 5 James Cannon, 4 Ultan Dillane, 3 Conor Carey, 2 Shane Delahunt, 1 Denis Buckley. Bank: 16 Tom McCartney, 17 Peter McCabe, 18 Dominic Robertson McCoy, 19 Gavin Thornbury, 20 Paul Boyle, 21 James Mitchell, 22 David Horwitz, 23 Darragh Leader

Skeidsregter: George Clancy (Ierland)
Assistent-skeidsregters: Paul Mente, Ruhan Meiring (albei Suid-Afrika)
Televisie-skeidsregter: Sean Veldsman (Suid-Afrika)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gerd Lourens ·

Ek voorspel dat die Cheetahs met 31 – 25 gaan wen!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.